Landbou se rol in ekonomie onder druk
Uiters onstabiele tye beleef
Dr. Kobus Laubscher - Die afgelope 6 weke was seker van die mees onstabiele tye in die Suid-Afrikaanse landbou.
Eers het die voortslepende droogte en uitermate hoë temperature boere in veral die westelike saaigebiede se senuwees gelouter en namate vooruitsigte vir reën binne die optimale planttyd vervaag het, moes ander planne gemaak word.
Ooglopende struktuurveranderings soos om nie marginale saaigrond verder vir kontantgewasse te oorweeg nie en om met die hulp van tegnologie te fokus op aspekte soos die grondvogstatus, kortgroei kultivars, ensovoorts was aan die orde.
Die inskakeling van lewendehawe op marginale saaigrond bly onder oorweging, maar met duidelike beperkende faktore. Hieronder tel die gebrek aan likiditeit ná oorskakeling om logiese redes soos dat weidings eers gevestig moet word en die diere verkry moet word vir die nuwe produksiestelsel.
Marginale grond wat so onttrek word, is egter in die meeste gevalle nog deel van die potensiaal wat in die verlede aangebied is ten opsigte van produksielenings wat agterstallig geraak het, wat beteken die bankbestuurder ook moet inkoop.
Die aankoop van byvoorbeeld beeste was ‘n verdere uitdaging omdat die bedryf in ‘n tipiese ná-droogte kuddeboufase is en pryse dienooreenkomstig beweeg.
Die omskakeling van marginale saaigrond is dus die regte strategie, maar bekostigbaarheid rem die implementering. Andersyds was die rooivleisbedryf toenemend in die vermoë om uitvoere te laat groei, wat verdere motivering was vir die strukturele verskuiwings.
Die Landbousakekamer van Suid-Afrika berig juis oor die enorme groei die afgelope jaar. Beesvleisuitvoere is in 2017 geraam op US$144 miljoen met toenames in die volume uitvoere vanaf 8 292 ton in 2001 tot bykans 32 000 ton in 2017.
Hierdie asook die verwagte verdere versnelde uitvoere het ‘n positiewe impak gehad op die hele waardeketting, veral wat die voorsiening van speenkalwers betref. Hierdie vooruitsigte is egter tydelik (hopelik) nek omgedraai met die uitbreek van bek-en-klouseer wat gelei het tot die sluiting van grense vir alle uitvoere.
Dié verwikkeling het ‘n negatiewe impak op alle gespletehoef-produksie, insluitend wild. Die omvang van verliese as gevolg van die onvermoë om te kan uitvoer is betekenisvol, met min direkte voordele.
Na verwagting sal verbruikers oor die kort termyn effe prysverligting ervaar. Vleis wat vir uitvoer bestem was en nou nie verskuif kan word nie, kan die binnelandse mark bereik. Die werklike benutting van so ‘n pryspouse is egter ook nie voor die hand liggend nie, want die verbruiker sukkel toenemend om kop bo water te hou.
‘n Verdere moontlike voordeel is dat laer vleispryse ook kan deurvloei na die plaashek met dalk moontlike laer pryse vir kopers van vee om die nuwe strategie van oorskakeling van marginale grond, meer bekostigbaar te maak.
‘n Verdere verswarrende ontwikkeling is die impak van die reën wat weggebly het. Daar word tans geraam dat die hoeveelheid hektare wat veral vir mielieproduksie aangewend kon word, so drasties gedaal het dat dié seisoen ‘n herhaling kan wees van die 2015-‘16 seisoen toe Suid-Afrika mielies moes invoer.
Die verskil hierdie seisoen kan wees dat met die hopelik 8 miljoen ton oes, die oordragvoorrade voldoende mielies vir die seisoen kan lewer.
Laat reën het reeds ‘n invloed op die verskuiwing van mielies en soja na sonneblom, maar in die geheel word ‘n veel swakker somergraanoes verwag. Safex het reeds hierdie verwagtinge verdiskonteer en pryse het dermate verhoog dat dit veevoerkoste gaan opjaag, met ‘n verdere negatiewe impak vir diegene wie van voer afhanklik is vir lewendehaweproduksie.
Die pryse van stapelvoedsel sal ook styg met die gevolg dat kosinflasie se beweging fyn dopgehou sal word.
Die status van die landbousektor as ‘n belangrike ekonomiese drywer van groei, is in gedrang. ‘n Mens sou verwag dat meer daarvan kan kom in uitsprake soos met die jongste politieke toesprake.
Die klem op sosiale opheffing is reg, maar kan ernstig in die wiele gery word as die landbou nie in staat is om mense bekostigbaar en volhoubaar te voed nie.
Veranderde produksiestrukture verdien daadwerklike hulp van die staat omdat dit ‘n impak kan hê op baie van die doelwitte van Suid-Afrika se nasionale ontwikkelingsplan.
Die jaar gaan moeilik balanseer in terme van die verwagtinge, en wat kan realiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie