Landbou se rol in wu00eareldmarkte
Landbou se rol in wu00eareldmarkte

Landbou se rol in wêreldmarkte

Toetrede kan landbou help
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Tegnologie verskraal markgrense tot waar ons oor markte sonder grense begin praat.

In werklikheid bestaan noodsaaklike beperkings op die oorgrensvloei van produkte, maar eersdaags kan Afrika homself, soos die Europese Unie (EU), in ’n vryhandelsone bevind.

Andersyds is uitvoergeleide groei volgens baie die enigste werklike manier hoe landbou sy regmatige rol in ekonomiese groei kan speel.

Dit kan net gebeur as meer produkte in verwerkte vorm uitgevoer word, maar hoe lyk die wêreld buite die konvensionele grense?

WÊRELDEKONOMIEË

Die grootste deel van die wêreldbevolking van net meer as 7 miljard in 2017 woon in vyf lande, naamlik China (18,5%), Indië (17,9%), Amerika (4,3%), Indonesië (3,5%) en Brasilië (2,8%).

Die stadiger koers waarteen China se ekonomie groei en die veranderde samestelling van sy ekonomie, met sterk positiewe handelsbalanse met onder meer Amerika, het wêreldhandel tans in ’n greep van handelsoorloë.

Dit lê die res van die wêreld lam.

Die gesamentlike waarde van die wêreld se ekonomie is na raming sowat US$80 triljoen.

Amerika se ekonomie is die grootste en dra 24,4% by tot die wêreldekonomie, gevolg deur China met 15,4%.

Japan is derde (6%) en die EU se verskillende lidlande dra ook onproporsioneel by.

Lande met kleiner ekonomieë tap meer uit as wat hulle insit.

In die geheel dra die EU 23% tot die wêreldekonomie by, en as sulks is dit die tweede grootste.

In Afrika lei Nigerië met 0,47% van die wêreld se ekonomiese aktiwiteite, gevolg deur Suid-Afrika met 0,44%.

Van die 7 miljard mense op aarde is meer as 400 miljoen entrepreneurs, 430 miljoen is werkloos en 800 miljoen werk in nywerhede.

Die tweede grootste groep, 1,4 miljard, is by landbou betrokke met ongeveer 1,7 miljard wat in diensbedrywe werk.

’n Geraamde 1,9 miljard is te jonk om te werk.

RYKDOM

Wat rykdom betref, is die verdeling steeds baie ongelyk. Amerika het die meeste superryk mense (met netto waardes van meer as 500 miljoen Amerikaanse dollar) – sowat 1 830 mense. In Kanada is daar 270 en in China 490 superrykes. In Afrika het Suid-Afrika 30 superrykes.

Botswana en Zambië het 10. Japan en Hongkong het onderskeidelik 390 en 320 superrykes.

SKULD

Wêreldskuld beloop meer as US$20 triljoen. Sowat 31,8% behoort aan Amerika en lande soos China, en Indië se skuld staan op minder as 8%. Japan se skuld beloop 18,8%.

Lande se skuldopneemvermoë word onder meer aan die verhouding van skuld tot die BBP gemeet, en Libanon se 149% is die derde hoogste in die wêreld.

Japan se verhouding is ’n onrusbarende 239%, maar 90% van hierdie skuld is van binnelandse oorsprong. Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het ’n waarskuwing uitgereik met betrekking tot lande soos Griekeland, waar dié verhouding na vlakke van 275% kan weghol, tensy daardie regering iets drasties doen.

Teen die agtergrond sal dit al belangriker word om die regte uitvoergeleenthede te identifiseer. Lande se skuld en hul vermoë om te kan betaal, sal ook in berekening gebring moet word.

Wat ook meer veld kan wen, is om in goedere handel te dryf.

Land A gee beesvleis in ruil vir mielies, ens. Daarmee saam moet handelsvenote se aptyt vir invoere ook geëvalueer word.

Dit is bekend dat Europa en lande soos Japan “zero rente”-lande is – beleggers betaal om hul geld op belegging te hou.

Daar is gewoon geen aantreklike beleggingsmoontlikhede in van die sogenaamde “ou” ekonomieë nie.

Hul geld moet aanwending in Afrika vind, maar dan moet Afrika sy huis in orde kry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!