Landbou-, suiwelbedryf in die knyp
Terwyl Namibië in Januarie ondergemiddelde reën ontvang het, kan die droogte die suiwelbedryf ’n onherstelbare knou toedien.
Elvira Hattingh - Die voortslepende droogte, tesame met swak ekonomiese toestande, het Namibië se suiwelbedryf in ’n krisis gedompel – soveel so dat van die produsente die bedryf sal verlaat, sê die Suiwelprodusentevereniging.
Boonop hou die sluiting van die Hardapskema se besproeiingswater moontlik katastrofiese gevolge in, omdat suiwelprodusente op die skema sowat 80% van plaaslik geproduseerde melk verskaf.
Dit, aldus die Namibië Landbou-unie (NLU) se jongste nuusbrief. Suiwelprodusente sê verlede jaar was die volume plaaslike melkproduksie 9% swakker.
In 2018 is sowat 23 miljoen liter melk gelewer, waar net 21 miljoen liter verlede jaar gelewer is.
Ook dui die melkproduksiekoste-indeks aan suiwelprodusente se voerkoste het sedert 2018 met 13% gestyg, wat beteken hul uitgawes was hoër as hul inkomste.
REËNSEISOEN ONDERGEMIDDELD
Terselfdertyd toon rekords dat reën wat sedert die begin van Januarie geval het, nog nie ’n sterk positiewe invloed op die huidige reënseisoen gehad nie.
Inteendeel, die grootste dele van die land het tot dusver ’n ondergemiddelde of ietwat ondergemiddelde seisoen gehad – aldus ’n verslag wat Vrydag deur die ministerie van werke en vervoer se afdeling vir meteorologiese dienste uitgereik is.
Volgens die verslag het bonormale reëns gedurende Januarie in sekere dele in die ||Kharas-, Oshana-, Okavango- en Otjozondjupastreek voorgekom, maar groter dele van die land het ondernormale reën tussen Oktober verlede jaar en Januarie aangeteken.
Die suidelike en sentrale dele van die land het min tot geen reën van die tweede week in Januarie af ontvang.
Terselfdertyd, sê die ministerie, het swaar reënbuie binne 24 uur in Januarie op plekke soos Kahenge (90 mm), Koës (84 mm), Katima Mulilo (63,8 mm), Mukwe (63 mm) en Ncamagoros (59 mm) voorgekom.
Gemiddelde reëns het op plekke soos die suidelike en sentrale dele van die Otjozondjupastreek, die oostelike Zambezi-, oostelike Kavango-, Ohangwena-, Oshikoto-, suidelike Oshona- en oostelike Omusatistreek voorgekom.
NLU BESPREEK DROOGTE
Intussen is die droogte ook as dringende saak tydens die Namibië Landbou-unie (NLU) se afgelope bestuurskomitee-vergadering bespreek.
“Hoewel groot gebiede in die Noordelike kommersiële dele van die land reën ontvang het, ervaar die sentrale en suidelike dele van die land ’n ernstige krisis. Daarteenoor het produsente verlede jaar nog vee gehad om af te rond en te verkoop. Vanjaar is dringende nuwe planne nodig,” lui die NLU se jongste nuusbrief.
Die NLU het boereverengings versoek om steun te bied en bewus te wees van boere se emosionele en finansiële krisisse. Die NLU het ’n hulplyn vir lede wat in nood verkeer.
Terselfdertyd is planne bespreek om individuele, vertroulike steun te bied aan boere wat geldelike krisisse ervaar, terwyl die Dare to Care-projek dalk ná Maart 2020 weer in die lewe geroep sal word – dié keer om humanitêre hulp te verleen.
Die NLU wil ook nouer met die Namibië Boere-droogtehulpfonds se bestuurder, me. Henriette Le Grange (kor) saamwerk.
Daar is ook met die ministerie van landbou, water en bosbou oor die droogte vergader, wat insluit dat die huidige situasie onder oë geneem moet word, terwyl herstel ná die droogte asook ’n langtermyn- droogtestrategie bespreek is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie