Landbou wys staal as ekonomiese anker
Behoorlike vennootskappe vir heropbou nodig
Dr. Kobus Laubscher – Dit sal 'n fout wees om te dink ekonomiese herstel sal volg deur die blote implementering van strategieë wat in pas is met die gedeelde visie wat die huidige nasionale ontwikkelingsplan voorafgegaan het.
Dié denkfout vergelyk met 'n hoogspringatleet wat nie eens hoog genoeg spring om die dwarslat af te spring nie.
Verskeie eksterne faktore het die ekonomie oor tyd geskok, waarvan Covid-19 hopelik die doodskoot was vir die geykte siening om nie iets reg te maak voordat dit breek nie. Landbou was die tegniese stiefkind totdat die droogte se ellende prakties sigbaar geword het in die onvermoë om normaal te kan presteer in terme van uitvoere, die slag van beeste en voedselvoorsiening.
Die regering het nagelaat om vroeg in die siklus presterende sektore so te stut dat hulle intersektorale hulp kon gee. Die klem was op maatskaplike beskerming, maar onder enorme fiskale druk.
Die jongste statistieke oor sektorale bydraes wys landbou kon keer dat die resessie verdiep. Dit het landbou 'n ander staanplek gegee as strategies-ekonomiese anker.
Die gewone biologie van dié sektor waarborg relevansie, want Covid-19 en veranderde sentimente van regerings kon nie keer dat koeie kalf en speenkalfpryse styg as gevolg van kuddeherbouing en 'n bewese voorkeur vir Namibiese speenkalwers nie.
Groener gras en beter pryse moet egter nie regerings blind maak vir onderliggende tekortkominge nie. Net so moet boere hulle weerhou daarvan om die vraag na hulle produkte as vanselfsprekend te aanvaar.
Landbou kan weerskante van die plaashek bydra tot en aandring op volgehoue produktiwiteitsverhogings, want boere bly grootliks prysnemers en slagoffers van die bekende kosteknyptang.
Onlangse bewese struktuurveranderings binne die rooivleisbedryf is tekenend van veranderde wisselwerking tussen markfaktore wat uiteindelik ander prestasie tot gevolg sal hê. Andersyds moet hoede gelig word vir die veerkragtigheid van die sektor om met goeie gevolg terug te bons toe die res van die ekonomie gekrimp het.
Enige verbeterde beleidsekerheid moet dit makliker maak vir boere om te produseer. As sulke hulp winsgewendheid bevorder, lei die voorwaartse skakeling byna onmiddellik tot ekonomiese verbetering. Winsgewende plase is die beste en goedkoopste manier om landelike ontwikkeling en gevolglike ekonomiese groei te komplementeer. Trouens, beter bemagtiging op plaasvlak sal 'n ekonomiese groeirevolusie kan ontketen.
Boere is afhanklik van insette, maar dit is wat met sy produkte anderkant die plaashek gebeur, wat sy vraag na insette steun. Verbeterde tegnologie is die aangewese sleutel. Op makrovlak kan die regering nie meer wegkom sonder behoorlike digitalisering van die landelike omgewing nie.
Bemagtigende kennis tot op plaasvlak sal vervolgens ook bydra tot die verbetering van lewensomstandighede op die platteland en die sal onbekostigbare ontvolking van die platteland nie net keer nie, maar omkeer. Indien dit in Namibië kan gebeur, sal dit 'n uitstekende en unieke bydrae wees tot die verwesenliking van die sogenaamde Millenniumdoelwitte.
Die vraag is hoe landbou hierdie momentum tot sy voordeel kan gebruik. Daarvoor is dit nodig om 'n drievlakbenadering te oorweeg. Op makrovlak kan daar met gemak aanspraak gemaak word op insluiting by beleidontwikkeling. Georganiseerde landbou is dermate bemagtig deur middel van navorsing oor veral die rooivleisbedryf dat die regering nie anders kan as om boere te betrek nie.
Dié boere is straatwys, want nie alleen boer hulle 'n barshou nie; hulle verstaan die dinamiek van markte. Dis gemene saak dat landbou kan aanspraak maak op insluiting op alle vlakke omdat aspekte soos vermenigvuldigers dermate verstaan word dat hulle uitkomste kan evalueer.
Enige heropbou loop gevaar om te veel te wil doen. Niemand kan ordentlik eet as die min botter oor te veel snye gesmeer moet word nie. Landbou moet en kan aandring op nie net die ontwikkeling van nuwe groeidoelwitte nie, maar moet prioritisering kan afdwing.
Enige sodanige heraanwending van skaars fondse moet die hele spektrum van landbou-ontwikkeling dek. Reeds suksesvolle plase moet gehelp word om nog beter te word en nuwelinge in die boerderybedryf moet hulp kry.
Korporatiewe bestuur en beheer moet so deursigtig wees dat veral die begroting van die betrokke departemente nie net gemeet kan word aan uitkomste nie, maar of die geld bestee is vir die uitvoering van die strategiese doelwit waarvoor begroot is.
Boere sal die regering kan verras met hoe vaardig plase kan wees in terme van sosiaal-maatskaplike opheffing, mits die regering nie sulke aksies wil annekseer en dan stop of verwaarloos om watter rede ookal nie.
Laastens gaan dit oor onderlinge vertroue. Elke deelnemende instansie moet afgebakende verantwoordelikhede hê en leierskap is nodig om uitvoering te sinkroniseer.
Die heropbou van die ekonomie sal net slaag as daar behoorlike vennootskappe vestig. Onderlinge aanvulling is die wagwoord en die landbousektor verstaan dié taal. Dit is deel van die DNS van boere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie