Landboubande met Midde-Ooste gesmee
Elvira Hattingh - AvaGro Namibia en Crenov8 bied môre ’n eerste Meet the Farmers-konferensie op die plaas Shalom by Swakopmund aan.
Midde-Oosterse kopers sal tydens die konferensie met onder meer plaaslike landbouprodusente, omgewingsagentskappe, entrepreneurs en finansiële instansies oor die skep van geïntegreerde en volhoubare landbouwaardekettings vergader.
Die doel is die bevordering van handelsbande op landbougebied tussen die twee streke.
Die konferensie, wat in Dubai begin het, poog om landbouprodusente uit Afrika te help om toegang tot Midde-Oosterse markte te verkry.
Namibiese en internasionale kenners op die gebied van finansies, landboutegnologie, opleiding en toegang tot markte sal die bevordering van landbou-ondernemings op die vasteland bespreek.
AvaGro Namibia sal voorstelle vir pasgemaakte idees lewer wat produksie in ‘n uitdagende omgewing, soos Namibië se woestynklimaat, moontlik maak.
Om volhoubare kommersiële landbouondernemings te bevorder, word toegang tot tegnologie vereis wat klimaatsverandering teenwerk en terselfdertyd toegang tot markte en finansiële hulpbronne bied.
Die proses van die aanvanklike belegging tot die uitvoer van gewasse sal ook bespreek word.
AvaGro verskaf onder meer raad oor unieke gewas-insette en waterstelsels, help met die verbetering van waardekettings en die slyp van vaardighede, en ondersteun die ontsluiting van finansiële hulpbronne en markte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie