Landbouleiers, ministerie vergader oor droogtekrisis
Die wiele rol in die landboubedryf om die droogtekrisis in samewerking met die regering te pak.
Ronelle Rademeyer - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, die permanente sekretaris, mnr. Percy Misika, en ander senior amptenare het Maandagmiddag met bekommerde landbouleiers oor dringende droogtemaatreëls vergader in 'n poging om geknelde boere te help.
Dr. Ndahafa Aino Nghifindaka, president van die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu), sê die droogte is ’n nasionale kwessie wat mense nie net op individuele vlak raak nie, maar ook op gemeenskaps- en nasionale vlak.
“Dit raak ons almal en daarom moet ons saam maniere vind om die uitwerking daarvan te versag.”
Nghifindaka sê Necfu as landbouleiers, en die ministerie as regeringsagent vir die landboubedryf “praat dieselfde taal” oor dié kwessie.
Sy sê Necfu het saam met die Namibië Landbou-unie (NLU) ’n aksieplan opgestel wat met !Naruseb en sy amptenare bespreek is.
“Die ministerie het reeds voorstelle vir die kabinet voorberei en dit sal saam met ons plan voorgelê word.”
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, sê daar is groot begrip van regeringskant vir die krisis waarin die droogte die landboubedryf gedompel het.
Hy het vroeër in ’n nuusbrief aan lede gesê die felheid van vanjaar se droogte is erger as die voriges omdat geen noemenswaardige reën voorgekom het nie en baie min hooi plaaslik beskikbaar is.
“Die grootste deel van Namibië het reeds vyf van die afgelope sewe jaar ondergemiddelde reënval gehad. Derhalwe is alle reserwe polveld uitgeput en kan weiding nie meer so vinnig soos in die verlede herstel nie.
“Die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika het verder tot gevolg gehad dat die produsenteprys van skape en speenkalwers met ongeveer 30% geval het in vergelyking met wat dit in Desember was.
“Produsente is dus in ’n ‘perfekte storm’, waar lewende hawe teen baie laer pryse dringend van die veld verwyder moet word,” sê hy in die nuusbrief.
Venter benadruk ook die droogte is ’n nasionale krisis en gesamentlike oplossings moet dringend gevind word.
Die voorstelle in die aksieplan is dat boere nie deur beleidsbeperkinge verhoed moet word om hul diere so vinnig as moontlik van die veld af te kry en te bemark nie.
Dít is nodig om vee- en finansiële verliese te beperk.
Verder versoek hulle die regering om as noodmaatreël geld vir ’n bemarkingsaanmoedigingskema beskikbaar te stel sodat boere hul vee so vinnig as moontlik kan verkoop.
Voorts versoek die unies die regering om boere tydelik van die Wet op Bioveiligheid vry te stel, wat bepaal invoerders moet van vandag af (6 Februarie) eers by die bioveiligheidsraad toestemming kry indien hulle geneties gemodifiseerde (GM)-mielies wil invoer.
Nóg ’n versoek is dat abattoirs boere in die volgende drie tot vier maande met ’n vasgestelde produsenteprys tegemoetkom sodat boere in veevoer kan belê om diere se toestand te verbeter.
Boere word intussen ook aangeraai om metodes te ondersoek waarop indringerbos vir veevoer verwerk kan word, aangesien 'n tekort aan kommersiële veevoer tans in Namibië bestaan.
Laastens word finansiële instellings soos Agribank versoek om hulpmaatreëls in te stel, wat boere sal help om hul kontantvloei-uitdagings te bestuur.
Dit sluit in grasie met die terugbetaling van lenings en gesubsidieerde lenings om die droogte te oorleef.
HULPFONDS
Intussen het verskeie weldoeners reeds tot die droogtehulpfonds bygedra, wat deur me. Henriëtte le Grange, ’n bekende boer van Summerdown, bestuur word.
Dit is ’n inisiatief van die Facebook-groep “Namibië Boere”.
“In 2016 is N$450 000 ingesamel om voer vir die wilde perde van die Namib te koop. Die projek is weer geaktiveer om tydens die huidige droogte boere in erge nood by te staan,” sê sy en benadruk dit is tot voordeel van alle boere.
“Ons vorder mooi en kon al 1 750 bale koop om saam met 100 sakke lusernkorrels te versprei. Ons het tans omtrent 60 aansoeke vir noodvoer.”
Boere wat dringend hulp nodig het, voltooi ’n vorm waarná Le Grange die inligting saam met ’n komitee verwerk en die voer na gelang van boere se aantal diere verdeel.
Die boekhouding word deur dr. Hannes Human, van Gobabis Boekhoudienste, behartig en skenkers kan insae daarin hê, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie