Landbouminister su00ea oor AgriBusDev
Landbouminister su00ea oor AgriBusDev

Landbouminister sê oor AgriBusDev

Meer as 5 600 van 8 950 hektaar grond wat vir besproeiingsdoeleindes geoormerk is, is tans onder produksie.
Yandi Du Plessis
Mathias Haufiku – Besonderhede van die ministerie van landbou, water en grondhervorming se planne om die maatskappy te sluit wat die mandaat het om die land se groenskemaprojekte – 'n sentrale komponent van die regering se veldtog vir voedselseku­riteit – te bedryf, word vervat in amptelike dokumente wat Republikein se susterkoerant Namibian Sun bekom het.

Verlede maand het die landbouminister, mnr. Calle Schlettwein, in 'n voorlegging van tien bladsye aan die kabinet die redes uiteengesit waarom ­AgriBusDev se deure moet sluit, minder as 'n dekade nadat dit op die been gebring is.

Volgens Schlettwein is AgriBusDev die rede waarom groenskemas onderpresteer, hoofsaaklik as gevolg van sy sakemodel.

“Die hoofkantoor het baie traag besluite geneem in verband met boerdery en bedryfsake, en finansiële besluite van hoofkantoor het groen­skemas van die kans ontneem om betyds die nodige insette te ontvang,” het hy gesê.

Hy het swak bestuur van die groen­skemas se sakebedrywighede, bates en finansies, sowel as 'n “beperkende” bestuursmodel as die grootste uitdagings gelys.

Schlettwein het voorgestel dat groenskemas aan private ondernemers uitgekontrakteer word en dat hulle as afsonderlike sake-entiteite moet funksioneer, elk met 'n bestuurskomitee om toesig te hou oor die bestuur van projekte.

Hy wil ook projekbestuurders vir elke projek hê, wat verantwoordelik sal wees vir die daaglikse bedrywighede.

Die minister het AgriBusDev daarvan beskuldig dat hy kleinskaalse boere buitensporige huurgelde vra, soms meer as N$11 000 per maand. Hulle betaal ook 'n administratiewe heffing van 5% aan AgriBusDev.

“Kleinskaalse boere word verbied om ongebruikte grond wat onbewerk is te bewerk, omdat die bestuur nie die onbewoonde erwe aan die boere verhuur het nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg plaaslike inwoners kry nie die eerste opsie om grond by groenskemas te huur nie.

Schlettwein het verder gesê huise word deur amptenare van AgriBusDev beset wat geoormerk is vir kleinskaalse boere by projekte soos die Muses- en Sikondo-besproeiingskemas.



PERSONEEL

Meer as 5 600 van 8 950 hektaar grond wat vir besproeiingsdoeleindes geoormerk is, is tans onder produksie.

Die minister het aangevoer politieke en tradisionele leiers, sowel as klein­skaalse boere in die streke waar die groenskemas geleë is, het gevra vir die verwydering van AgriBusDev.

Schlettwein het verder aangedring op die afskaffing van 'n memorandum van verstandhouding wat deur die landbouministerie en AgriBusDev onderteken is en dat die maatskappy as die operateur van die groenskemas verwyder word.

Hy wil hê alle personeellede moet na die departement ingenieursdienste van die direktoraat landbouproduksie oorskuif.

In 'n boodskap wat deur AgriBusDev-werknemers versprei word, beweer sommige werknemers dat hulle gebel en ingelig is dat poste aan hulle toegeken sal word sonder enige konsultasie.

Die werknemers het die regering die skuld gegee vir AgriBusDev se mislukking en gesê bykomende verantwoordelikheid is op die entiteit se skouers geplaas, sonder die nodige finansiële en tegniese ondersteuning.

Hulle het ook gesê die ministerie se besluit om senior amptenare van die landbouministerie op die AgriBusDev-raad te laat dien, het beteken daar was geen behoorlike wigte en teenwigte nie.

“Indien AgriBusDev ontbind word, sal werknemers standaard-afleggingsprosedures ondergaan waar hulle gevra word om óf hul afleggingspakkette te neem óf om die nuwe pos te aanvaar wat hulle aangebied word?” het die werknemers gevra.

Hulle het bygevoeg: “Werknemers wil die kabinet in kennis stel hulle het nie ingestem om enige poste wat deur die landbouministerie aan hulle aangebied word, te aanvaar nie en geen dienskontrakte sal onderteken word voordat hul vrae nie volledig beantwoord is nie.

“As die maatskappy ontbind moet word, gegewe die onduidelikheid oor die situasie, verkies werknemers om eerder hul afleggingspakkette te neem as om die poste wat by die ministerie aangebied word te aanvaar,” het hulle gesê.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A