Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag
Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag

Landbouministerie waarsku teen sprinkaanplaag

Boere is versoek om die voorkoms van sprinkane in hul omgewings aan te meld.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Swerms treksprinkane (Locusta migratoria) uit Botswana verwoes die afgelope 10 dae en langer gewasse in die suide van die Zambezistreek en het reeds tot by die Kapanigebied versprei.

Die sprinkane kan tot 150 km per dag aflê, sê die ministerie van landbou, water en bosbou in ’n verklaring. Daarom het die ministerie met bewusmaking begin en lig hy inwoners deur middel van die radio in oor plaagbeheermaatreëls wat toegepas word.

Die voorkoms van die treksprinkane is op 21 Februarie aangemeld nadat dit in Ibbu, Muyako, en Ihaha in die Zambezistreek op kleinboere se landerye toegesak het.

Plaagbeheerspanne van die Bukalo Landbou-ontwikkelingsentrum is ontplooi en het bevestig die sprinkane kom op die vloedvlaktes langs die Choberivier voor.

Namibië is saam met Botswana tans die enigste lande in suidelike Afrika waar die voorkoms van swerms treksprinkane na afloop van die droogte aangemeld is.

Die ministerie sê die migrerende sprinkane het reeds tot by Kapani versprei. Boere se gewasse is in verskillende groeistadiums en uiters kwesbaar vir peste en plae.

Trekspinkane kom oral in Afrika voor. Hoewel hulle enkellopend is, verander hulle onder sekere omstandighede hul gewoontes en gedrag. Wanneer plantegroei ná droogtes gedy, teel hulle vinnig aan en migreer in swerms na ander gebiede.

Aanvanklik is hulle sigbaar as groot getalle vlerklose nimfe, of voetgangers, wat later swerms vlieënde, volwasse sprinkane word. Volwasse sprinkane kan tot 150 km per dag vlieg terwyl hulle feitlik al die groen plantegroei langs hul roete verwoes.

Boere en die algemene publiek word versoek om die teenwoordigheid van swerms sprinkane in hul omgewing onverwyld by die ministerie aan te meld.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!