Landdros in spervuur

Die opskorting van die straf vir die verkragting van ‘n skooldogter deur ‘n onderwyser het ‘n nuwe storm om die kop van landdros Leopoldt Hangalo van Oshakati ontketen.
Yandi Du Plessis
Namibian Sun

Die opskorting in geheel van tien jaar se tronkstraf vir die verkragting van ‘n 13-jarige skooldogter het fel kritiek teen landdros Leopoldt Hangalo van Oshakati veroorsaak.

Hangalo het Vrydag die gevangenestraf wat Itana Sackaria vir die misdaad moes uitdien volledig opgeskort.

Sackaria is ‘n onderwyser by die Primêre Skool Ondundu in die Tsumeb-distrik.

Hangalo het bevind die onderwyser sal nie sy vrou en talle kinders, asook die skooldogter en die kind wat hy by haar verwek het, kan onderhou indien hy tronk toe moet gaan nie.

Die kind is as ‘n “gewillige maat” in die seksdaad bestempel, hoewel 18 jaar die wetlike datum vir instemming in Namibië is. Sy het volgens die landdros ook geen beserings opgedoen nie.

Die kantoor van die Ombudsman en die Regshulpsentrum (LAC) het die uitspraak vandeesweek veroordeel.

Hangalo wou nie kommentaar aan die media lewer nie omdat daar appèl teen sy uitspraak aangeteken kan word.

BETOGING

Hangalo moes homself in Maart verdedig teen aantygings dat hy omkoopgeld aanvaar het. Woedende inwoners van Oshakati het toe na sy kantoor opgeruk om te protesteer teen die kwytskelding van ‘n sakeman, mnr. Sindano Hango, ook op ‘n klag van verkragting.

Hango is later in die hoërhof skuldig bevind nadat die staat teen die omstrede uitspraak geappelleer het.

Hango se borgtog is verlede week gekanselleer en hy sal op 14 Desember gevonnis word vir die verkragting van sy niggie in 2014 by sy huis in Ongwediva.

“Ek ken die beskuldigde (Hango) nie persoonlik nie. Ek het nie kontak met hom nie. Ek het hom geken soos enige ander beskuldigde in my hof. Behalwe vir die getuienis wat in die hof gelewer is, ken ek hom nie,” het Hango voorheen oor die saak aan New Era gesê. “Dit is onsin om te sê ek is omgekoop.”

ANDER UITSPRAKE

In Februarie vanjaar het Hangalo vir Morne Mouton (25) van Windhoek ’n boete van N$15 000 opgelê nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag oor ‘n motorongeluk waarin drie mense dood is.

Die landdros het gesê na sy mening verdien die veroordeelde moordenaar ‘n mate van genade.

In September het hy ‘n moordveroordeelde, Martha Ndakalako Kawela, vrygelaat. Sy het pasgebore babadogtertjie in 2014 vermoor deur haar in ‘n plastiek inkopiesak te plaas en dit in ‘n swart plastiekdrom in Ongwediva weg te gooi. Die baba het swart sykouse om haar nek gehad.

Hangalo het Kawela tot agt jaar tronkstraf gevonnis, maar dit in geheel vir ‘n tydperk van vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat sy nie in die tyd aan dieselfde of ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.

Daar is sprake dat Hangalo in Februarie 2022 as regter in die hoërhof aangestel sal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!