Landdroshowe maak weer oop
Landdroshowe maak weer oop

Landdroshowe maak weer oop

Denver Kisting
Sedert vandag is die landdroshowe op Walvisbaai, Katima Mulilo en in Windhoek weer oop.

Dít kom nadat die kantoor van die regbank onlangs die tydelike sluiting van dié howe aangekondig het, omdat beamptes en beskuldigdes positief getoets het vir Covid-19, sê die woordvoerder, mnr. Ockert Jansen (foto).

Volgens hom is alle nodige reëlings getref om die veiligheid van regsbeamptes, personeellede, hofbeamptes en die publiek te verseker.

Jansen sê: “Die howe vorm ’n integrale deel van die samelewing wat verseker dat regsreëls in stand gehou word en die administrasie van geregtigheid op ’n vrye, regverdige en onpartydige manier kan geskied.

“Dit is waarom die howe nie eens tydens ’n noodtoestand vir ’n lang tydperk kan sluit nie, omdat dit ’n negatiewe impak op die lewens van Namibiërs sal hê.”

Hy het beklemtoon howe bly ’n plek waar lede van die publiek byeenkom en derhalwe moet almal die regulasies gehoorsaam wat ten doel het om die verdere verspreiding van die virus hok te slaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!