Landdroshowe ook deur Covid-19 geraak
Landdroshowe ook deur Covid-19 geraak

Landdroshowe ook deur Covid-19 geraak

Denver Kisting


Denver Kisting – Mnr. Ockert Jansen, die woordvoerder van die regbank, sê die werksaamhede van landdroshowe in Namibië hervat eers14:00 vandag.

Alle laerhowe is sedert 08:00 gesluit, sê hy.

Hy sê hulle het reëlings getref met korrektiewe dienste en die polisie vir aangehoudenes om eers ná middagete hof toe geneem te word.

Jansen sê dié stappe is gedoen “om te verseker alle nodige maatreëls word opgestel te midde van bevestiging deur gesondheidsowerhede van twee Covid-19-gevalle in Namibië”.

Dit ná ’n vroeëre aankondiging dat alle hoërhofsittings tot 15:00 uitgestel word.

Die woordvoerder sê die regbank is verbind tot die gesondheid en veiligheid van al sy regsbeamptes en personeellede, beskuldigdes, aangehoudenes en hofgangers.

Foto: Regters tydens die amptelike opening van die regsjaar verlede maand.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!