Lande omseil Interpol as Namibiu00eb uitlewerings soek
Lande omseil Interpol as Namibiu00eb uitlewerings soek

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

Organisasie ‘kan nie aan lande dikteer’
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n ander storie en reken dié gerusstelling is blote paaiery ten gunste van “polisiepolitiek”.

Intussen bly verskeie sake onopgelos teen buitelanders wat misdade in Namibië gepleeg en voor hul vervolging landuit gevlug het, sê die ondersoeker, wat verkies om anoniem te bly.

“Een so ’n geval is ’n Chinese burger wat in 2005 ’n manlike werknemer in Rundu gesodomiseer het. Nog niks is tot dusver gedoen nie. Die persoon is in China opgespoor en talle versoeke is gerig, maar China het geweier om hul burger aan ons uit te lewer,” het die bron gesê.

“China sal nie hul mense vir jou gee nie. As jy ons base vra, sê hulle gewoonlik dit sal deur Interpol gedoen word, maar hul woorde is bloot polisiepolitiek. As ons reeds sukkel met buurlande soos Angola, Zambië en Zimbabwe, hoekom sal China ingee?

“Die enigste land in Afrika wat dit doen, is Botswana, maar die res weier om hul mense oor te gee.”

VOORBEELDE

Die bron se opmerkings volg nadat ons susterkoerant Namibian Sun onlangs berig het oor ’n Chinese burger wat na bewering ’n 15-jarige meisie van Rundu verkrag en swanger gemaak het.

Die slagoffer het verlede maand geboorte geskenk aan ’n babaseuntjie, terwyl die verdagte nog nie vasgetrek is nie en glo na China uitgewyk het.

“Dis baie jammer vir die familie, want dis onwaarskynlik dat daardie Chinese burger gaan terugkom, aangesien hy tronk toe gestuur kan word vir die pleeg van ’n ernstige misdaad,” het die bron gesê.

Namibian Sun het verlede jaar berig hoewel Namibië aangekondig het dat hy ’n uitleweringsverdrag met Angola goedgekeur is, het die buurland nog nie dieselfde gedoen nie.

Op 16 Augustus 2019 het ’n Angolese burger glo sy 23-jarige Namibiese meisie, Naimi Ngambo Kalenga, met ’n byl doodgekap. Die voorval het op die dorpie Sikali in die Kavango-Wesstreek plaasgevind.

Die verdagte het van die misdaadtoneel af gevlug en daarin geslaag om die grens na Angola oor te steek waar hy in hegtenis geneem is, het die polisie destyds bevestig. Meer as twee jaar later is hy steeds nie uitgelewer nie.

ONDERHEWIG

Toe hy om kommentaar genader is, het Ndeitunga gesê Interpol is ’n belangrike rolspeler, maar kan weens kwessies van soewereiniteit nie aan lande dikteer nie.

“Wat die hantering van internasionale en multinasionale misdaad betref, is Interpol noodsaaklik. Sy magte word egter beperk deur die internasionale wette met betrekking tot die soewereiniteit van lande en is ook onderhewig van bilaterale en multilaterale ooreenkomste. So, dis nie ’n geval dat Interpol aan China kan dikteer dat hy ’n verdagte aan Namibië moet uitlewer nie,” het hy verduidelik.

“Namibië moet eers kyk of ’n uitleweringsooreenkoms met China bestaan en indien wel moet hy stappe volg om die verdagte te laat uitlewer. En [kyk] of daar enige rede is vir Interpol om betrokke te wees, maar dit hang meer af van die bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande.

“Namibië moet China oortuig dat die verdagte die misdaad gepleeg het, aangesien ons van ’n verkragtingsaak praat, wat in vele lande as ernstig beskou word. Dis moeilik om jou landsburger aan ’n ander land uit te lewer as jy nie oortuig is van hul skuld in die misdaad wat hulle na bewering gepleeg het nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!