Landswye toetse vir niersiektes
Landswye toetse vir niersiektes

Landswye toetse vir niersiektes

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Dr. Martha Namundjebo-Tilahun-stigting gaan Namibiërs met beperkte toegang tot mediese spesialisdienste, in samewerking met die Kidney Care Centre, gratis vir niersiektes toets.

Aan die hoof van die Kidney Care Centre is dr. Glendah Kalunga, ’n spesialis en nefroloog.

Die toetse, wat die afgelope Vrydag (20 Oktober) afgeskop het, sal in verskeie gemeenskappe in die noordelike en suidelike dele van die land plaasvind.

Niere speel ‘n kritieke rol in die volhoubaarheid van verskeie lewensfunksies, waaronder die verwydering van afval uit die bloed, die balansering van liggaamsvloeistowwe en die vorming van uriene.

Die niere filter onder meer gifstowwe, oormatige soute asook stikstofverwante afval wat deur die metabolisme van selle gevorm word. Die niere speel ook ‘n sleutelrol in die chemiese afbreek van uriene, help met die regulering van bloeddruk, rooibloedselle en suur, asook die instandhouding van beenminerale.

Weens die noodsaaklike funksies wat die niere verrig en die gifstowwe waarmee dit in aanraking kom, is dit vatbaar vir verskeie probleme.

Dit sluit in infeksies, verminderde bloedvloei weens lae bloeddruk, outo-immune nierafwykings, komplikasies ná chirurgie, ontwatering, chroniese siektes soos diabetes, asook urienweginfeksies.

Volgens dr. Kalunga is die samewerking met die stigting en die toetse vir enige niersiektes of –afwykings ‘n poging om inwoners te identifiseer wat ‘n risiko loop om niersiektes te kry, asook om voorkomingsmaatreëls en versorging moontlik te maak vir dié wat dit nodig het.

Vir meer inligting oor die toetsdae, kontak die stigting by (061) 277 833 of by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!