Landwye tekort aan psigiatriese medikasie
Landwye tekort aan psigiatriese medikasie

Landwye tekort aan psigiatriese medikasie

Die Covid-19-inperkingsregulasies het die invoer van medikasie vertraag.
Tuyeimo Haidula - Namibië ervaar ’n landwye tekort aan psigiatriese medikasie, wat groot paniek by gebruikers saai omdat die tekort moontlik verdere implikasies vir diegene met geestesongesteldhede en hul families kan inhou.

Psigiatriese medikasie kon voorheen gerieflik by private apteke verkry word. Handelsmerke soos Chlorpromazine, Risperidone, Haloperidol en Sulpiride is egter die afgelope sowat drie maande kort in voorraad.

Olanzapine is reeds vir maande uit voorraad, maar ’n besending is laas Vrydag deur Central Medical Store in die hoofstad ontvang.

Clozapine se mondelikse medikasie is ook nie meer in voorraad nie, maar die inspuitmiddel is steeds beskikbaar.

Die streeksgesondheidsdirekteure van Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Omusati beskou die tekort as ’n groot bekommernis.

Die minister van gesondheid van maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die tekort aan psigiatriese medikasie bevestig en het bygenoem dat die aflewering van medikasie vanweë Covid-19-inperkingsregulasies vertraag word.

In 2015 was daar sowat 26 000 pasiënte wat in Namibië vir geestesongesteldhede behandel is. Die ministerie van gesondheid se statistiek toon dat daar in 2016 meer as 9 000 mense met skisofrenie was.

HOOPVOL

Moeilike besluite kan die gesondheidsdepartement in die gesig staar indien alternatiewe medikasie nie verkry kan word nie.

Dr. Benonia Sheetekela van die Oshakati psigiatriese departement sê egter daar is hoop.

“Vir insluitende behandeling gebruik die Staatshospitaal op Oshakati Modecate en Fluanxol, maar vir nou word Modecate uitsluitlik gebruik vir pasiënte wat terugval of agteruitgaan,” het Sheetekela gesê.

Volgens Sheetekela het Oshakati se psigiatriese departement 70 beddens. In Augustus het hul 71 pasiënte opgeneem, maar in die afgelope weke het die aantal pasiënte skerp afgeneem. Die hospitaal het aan die begin van die week 43 pasiënte gehad.

“Ons het verwag dat baie pasiënte sou agteruitgaan weens die tekort aan medikasie, maar verskeie het gekom vir opvolgbehandeling. Ons het vroeg begin om kombinasies te maak en dit blyk te werk,” het sy gesê.

TYDELIKE OPLOSSING

Sheetekela moedig families aan om pasiënte vroegtydig in te bring, voordat ’n ineenstorting gebeur, omdat inspuitings langer neem om te werk as mondelikse medikasie, hoewel beide behandelings dieselfde resultate lewer.

Sheetekela moedig pasiënte met mediesefonds aan om na private apteke te gaan, want die ministerie kry hul medikasie van oorsee, wat per lug of see ingevoer word.

“Vanweë die Covid-19-inperkingsregulasies probeer die meerderheid verskaffers om per lug medikasie in te voer, maar omdat die lughawens vir ’n tyd toe was, is daar ’n groot agterstand en is dit moeilik om aan alle pasiënte medikasie te voorsien.”

Vragvliegtuie kon in die verlede direk op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako land, maar moet nou eers op Johannesburg land en dan na Namibië vervoer word. Dit veroorsaak ’n bykomende drie dae vertraging.

“Die ministerie probeer hard om medikasie beskikbaar te stel. Hulle kyk na verskaffers in die land wat voorraad het wat gebruik kan word om pasiënte in nood te help,” het Shangula gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!