Langbaan raak interessant

Motorrenne
Met die nasionale langbaankampioenskapstitel in elke klas nog wawyd oop, was dit onlangs by die Tony Rust-renbaan wes van Windhoek Windhoek die ideale geleentheid vir jaers om die baan op 'n koue Septemberdag vuur­warm te jaag.

Met nie veel byeenkomste oor nie, het die jaers se adrenalien behoorlik gepomp om die laaste beskikbare punte in elke klas los te jaag.

In klas A was dit Allan Martin van die kus wie se blitsige J&P Hydraulicks VW Golf 5 beïndruk het.

Maar 'n gebreekte sy-as het sy tweestryd met Christiaan Liebenberg se kragtige City Clutch & Brake BMW tot 'n voortydige einde gebring en Liebenberg kon volpunte vir die dag verdien.

In die Klubmans klas B was Zachary Martin terug met sy J&P Hydraulics VW Golf MK1 nadat hy in Augustusmaand op die einste Tony Rust in 'n ongeluk betrokke was.

Michel Rust (Volvo Namibië) en Michael van Zyl (MAD Tuned VW Golf 1) is die jeugdige Martin se grootste mededingers, maar met Martin se enjin vol nukke moes hy onttrek, wat die deur vir Rust en Van Zyl oop gelos het.

In klas C was die aksie warm tussen die jaers, met Jaco Nel in sy VW Golf MK1 wat op die dag koning kraai. Ongelukkig moes Michael Strydom weens tegniese probleme onttrek en Gareth Fourie se VW Golf MK1 besorg aan hom die tweede posisie, terwyl Lyndon Sauls se Toyota Avante die derde plek inneem.

Matthew Strydom oorheers klas C met sy Rabe's Body Repairs Toyota Conquest, maar hy moes eers met Janna Smit se Best Drive Subaru afreken om die maksimum punte te verdien.

Vir Keith Hammerslag was die dag se renne nie beskore nie en hy moes sy Ford Laser weens meganiese probleme ná die eerste ren gaan staanmaak.

Klas E het net een inskrywing gehad, maar dit het Nickey Claassens nie gekeer om haar King Kemp Racing VW Golf MK1 se neus in ander jaers se sake te steek nie. Voordat Claassens egter haar gebruiklike durf kon wys, moes sy weens ratkasprobleme in die tweede ren onttrek.

Die klas X jaers is almal nuwelinge wat nog hul merk op die langbaan moet maak, maar sorg dikwels vir die beste renne van die dag. Slamet Racing het die afgelope seisoen meer as een jaer in sy stal met Richard Slamet junior in 'n VW Golf, Frankie de Rebeira (Ford Bamtam) en Nardus Erasmus (VW Golf) wat die pap dik aanmaak. Vir De Rebeira bring die dag volpunte met Slamet junior tweede en Erasmus derde.



Die voorste uitslae:

Klas A: 1 Christiaan Liebenberg 12 punte.

B-klas: 1 Michel Rust 27, 2 Michael van Zyl 12.

C-klas: 1 Jaco Nel 24, 2 Gareth Fourie 13, 3 Lyndon Sauls 12.

D-klas: 1 Matthew Strydom 21, 2 Janna Smit 18, 3 Keith Hammerslag, 4. E: Nickey Claassens 4.

X-klas: 1 Frankie Rebeira 21, 2 Richard Slamet junior 18, 3 Nardus Erasmus 13.



Renstelle

Maxterino: 1 Guido Bidoli 27 punte, 2 Lo-André Bruwer 18, 3 Jadyn van Zyl 8.

Junior Max: 1 Christiaan Liebenberg junior 18, 2 Silvia Rose 8.

Senior Max: 1 Ian Vorster 27, 2 Sean de Klerk 18, 3 Gerhard Breed 8.

Met elke byeenkoms jaag die deelnemers in die drie individuele renne en verdien punte vir elke ren.

Dus kan 'n jaer net in een of twee renne klaarmaak om punte vir die kampioenskap agter sy naam te skryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!