Langbad-uitdaging lok 180 inskrywings
Een-en-tagtig swemmers het die koue water in 285 items aangedurf, terwyl 99 in die watervyfkamp betrokke was.
Die Namibiese Swemunie (Nasu) se vyfde Bank Windhoek-langbadgala en akwa-vyfkamp is die afgelope naweek by die munisipale swembad in Olympia aangebied.
Hoewel geen nasionale rekords oortref is nie, het talle swemmers daarin geslaag om persoonlike beste tye aan te teken. Die voorste swemmers vir die dag was Ryan Steyn, Ariana Naukosho, Oliver Durand, Maya Stange, Mikah Burger, Joanne Liebenberg, Martin Oosthuizen en Matthew Gertze.
Steyn het die 50 meter borsslag, vryslag en rugslag vir seuns 8 jaar en jonger verower. Naukosho het die 50 borsslag en rugslag asook die 200 vryslag, 200 vlinderslag vir meisies 11-12 jaar gemaklik ingepalm.
Durand was uitstaande in die groep vir seuns 11-12 jaar en het die 50 vryslag en rugslag asook die 200 vryslag en vlinderslag gewen.
Stange oorheers die 50 borsslag, rugslag en vryslag asook die 200 vryslag vir meisies 13-14 jaar. In die ouderdomsgroep vir seuns 15-16 jaar is Burger die wenner in die 50 borsslag, vryslag en borsslag, terwyl Liebenberg in dieselfde ouderdomsgroep vir meisies koning kraai. Sy seëvier in die 50 borsslag, rugslag en die 200 vlinderslag.
Oosthuizen domineer die seunsafdeling in die 50 borsslag, vryslag en rugslag met Gertze wat in die 17-18 jaar puik resultate in die 50 borsslag, rugslag en 200 vryslag behaal.
VYFKAMP
In dié afdeling moes deelnemers aan die 100 borsslag, rugslag, vryslag, vlinderslag en die 200 wisselslag deelneem. Hierdie vyf tye is vir elke swemmer bymekaar getel om die wenner van elke ouderdomsgroep te bepaal.
Ronan Wantenaar is as die senior victor ludorum aangewys, gevolg deur José Canjulo en Mikah Burger.
By die meisies is Hannah Murphy die senior victrix ludorm, met Viktoria Elmies en Tiana Esslinger tweede en derde.
By die junior seuns is Ryan Steyn die victor ludorum, met Eliphas Nakaleke en Quinn Ellis tweede en derde. Jessica Humphrey stap met die prys as junior victrix ludorum weg. Lilia Ellis is tweede en Ariana Naukosho en Alexandra Kapapa deel die derde plek.
GALA-ITEM WENNERS
Meisies 8 jaar en jonger: Emma Brinkmann (50 borsslag). Ainoa Naukosho (50 vryslag). Rosalinde Matyayi (50 rugslag).
Meisies 9-10 jaar: Amy-Isabella Nel (50 vryslag). Alexandra Kapapa (50 rugslag). Mikayla Geyser (50 borsslag).
Seuns 9-10 jaar: Liam Kinnaird (50 rugslag). Eliphas Nakaleke (50 bors- en vryslag).
Meisies 11-12 jaar: Michaela Ohm (50 vryslag).
Meisies 13-14 jaar: Zunaid Benjamin (200 vlinderslag).
Seuns 13-14 jaar: Nico Esslinger (200 vlinderslag). 1 Oliver Ohm (200 vryslag).
Meisies 15-16 jaar: Viktoria Ellmies (50 en 200 vryslag).
Seuns 15-16 jaar: Marco Henning (200 vryslag en vlinderslag).
Seuns 16-17 jaar: Corné le Roux (50 vryslag en 200 vlinderslag).
Senior vroue: Sonja Obholzer (50 borsslag). Anel van der Vyver (50 rugslag). Cheryl Young (50 en 200 vryslag).
Senior mans: Sven Obholzer (50 vryslag). Gabor Salamon (200 vryslag). Francois van der Westhuizen (50 borsslag en rugslag).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie