Langnekke spog met internasionale beskerming
Langnekke spog met internasionale beskerming

Langnekke spog met internasionale beskerming

Volgens die Giraffe Conservation Foundation is verhoogde finansiële en politieke ondersteuning saam met mense en ander hulpbronne op voetsoolvlak nodig om die afname in kameelperde te stop.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Kameelperde in Afrika gaan nou op internasionale vlak beskerm word.

Die meerderheid van die 183 lidlande by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad (Cop18) in Genève, Switserland, het Donderdag gestem dat kameelperde op Aanhangsel II van die konvensie gelys moet word.

Dit beteken beperkte handel in langnekke sal voortaan gereguleer en gemonitor word.

Altesaam 106 lidlande het gestem dat langnekke op Aanhangsel II gelys moet word, en 21 daarteen. Die Suider-Afrikaanse lande soos Namibië, Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe het daarteen gestem.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het uit Genève gesê die lande het daarteen gestem omdat Suider-Afrikaanse kameelperdbevolkings baie gesond is.

Trofeejagters sal voortaan eers om ’n Cites-permit moet aansoek doen om ’n kameelperd te jag. ’n Cites-permit is ook nodig om in enige liggaamsdele soos die vel, beendere, stert en kop van ’n kameelperd handel te dryf.

Dr. Julian Fennessy, direkteur van die Giraffe Conservation Foundation wat in Namibië gesetel is, het Vrydag aan Republikein gesê dit is ’n positiewe stap vorentoe vir kameelperdbewaring.

Hy sê om kameelperde op Aanhangsel II te lys, gaan die diere nie noodwendig in die natuur red nie.

“Ons het verhoogde finansiële en politieke ondersteuning saam met mense en ander hulpbronne op voetsoolvlak nodig – veral in oostelike en sentrale Afrika – om die afname in kameelperdbevokings te stop,” het hy gesê.

“Terwyl bevolkings in suidelike en westelike Afrika voortgaan om te groei, veroorsaak die kombinasie van stropery (hoofsaaklik vir plaaslike gebruik) habitatverlies, menslike bevolkingsgroei en burgerlike onrus in oostelike en sentrale Afrika ’n ‘stille uitwissing’ van sommige kameelperdbevolkings."

Fennessy sê die impak van internasionale handel moet ook ten volle verstaan word om die ware bedreigings van kameelperde op te som.

Tog, sê hy, is daar hoop vir die Afrikavasteland: Namibië, Nigerië, Tsjad en Uganda is voorbeelde van lande wat ervaar dat hul kameelperdbevolkings deur geteikende bewaringsbestuur en praktyke groei.

“Ware bewaringspogings op voetsoolvlak deur samewerkende vennootskappe is en sal voortgaan om ’n verskil vir kameelperde te maak voor dit te laat is,” het Fennessy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!