Langpad met die jongspan
Yolanda Nel
Ek durf die pad toe Desember aan Kaap toe met die kroos. Pappa Nel bestuur en ek het gehoop om links voor te sit, maar my voorland was in die middel – tussen twee karstoeltjies – ingeprop.
Ek kon nie roer nie, my skouers was tussen die stoeltjies vasgepen. Dis vroegoggend, maar die kinders weet hier gebeur iets groots en slaap is nie op hulle agenda vir dié uitstappie nie. Een wil my arm vryf, die ander wil iets eet. Ná tien minute ruil hulle om en na die eerste halfuur is hulle reeds uitgekyk aan die 12 DVD’s wat ek ingepak het.
Ek begin liedjies sing, maar terwyl een van “Hasie in die holte” hou, wil die ander eintlik na “Wielie Walie” luister en het ek ’n mashup van formaat uitgeruk nog voor die son se strale behoorlik skyn. Net duskant Keetmanshoop is hulle weer aan die slaap. Ek raak braaf en klim terug in my eie sitplek, waar my skouers nie in my nek vassit nie. Van daar af was die pad lekker. Op Piketberg stop ons vinnig om bene te rek en dié ruskansie was al wat die seuns nodig gehad het tot ons eindbestemming.
Maar kyk, voor die ryery was daar eers moeilikheid. Ek en Hammelie was reg om te ry, maar dié het toe ’n positiewe Covid-uitslag en ek los vir haar net daar en Pappa Nel se keuses was, klim of bly. ’n Week later kon sy en die res van die familie by ons aansluit.
Met die terugkomslag ruil ons motors en Hammelie ry saam met my terug. En daar sit ons gestrand op Springbok van alle plekke. Die keer het ek ’n positiewe Covid-toets. Ek bel al wat ’n persoon in die ministerie van gesondheid is, boetie kry ’n inspekteur in die hande en ’n vriendin vind uit wat die regulasies is.
Die volgende dag waag ons dit om grens toe te gaan. Die seuns is teen hierdie tyd uitgekuier en min lus vir karstoeltjies. Inteendeel, toe ek sê kom ons ry, toe veroorsaak dit ’n tranedal en ’n hartseer tweejarige wat antwoord: “Ek wil regtig nie meer ry nie.”
My plek is vir my netjies uitgelê, in die middel agter. Histerie het oorgeneem. Die een wil nie Lollos kyk nie en die ander is nie meer lus vir Loflaaities nie. Hammelie sing, maar ek moes haar later vra om liefs op te hou, want toe gee ek ook nie meer om waarheen hasie hop of waarheen die eendjies in ’n ry op pad is nie.
By die grens mag die Covid-geval (dis nou ek) nie uitklim nie. Maar ons is binne ’n uur gehelp en moet ek by my huis isoleer.
Laat daardie aand kom ons by die huis aan, die jongste het ’n halfuur terug aan die slaap geraak en die oudste herontdek – baie naby aan mindernag – sy ou speelgoed. Dis ’n woeste paar aande om weer in roetine te kom. Net toe die stof gaan lê, toe sê die jongste: “Kaap toe” en die oudste laat nie op hom wag nie: “Kom ons ry.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie