Lank lewe NAPSO-tradisies!
Meghan van Rooyen en Anje Kruger van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Dis ’n geleentheid soos min. Elke jaar beter as die vorige jaar, elke jaar dieselfde atmosfeer van vriendskapsbande bou en leergeleenthede in sport.
Soos wat elke geleentheid sy tradisies het, het die Privaatskolenaweek (PSN) dit reggekry om vir 17 jaar dieselfde tradisies te handhaaf en ook nuwe tradisies te skep.
Die PSN-sokkie het ontstaan in 2013 toe Privaatskool Elnatan die naweek aangebied het. Hulle het musiek gespeel om mense te vermaak, maar voor hulle hul oë kon uitvee, het die kinders op die rugbyveld begin dans. Op dié manier het hulle onbewustelik ’n prettige nuwe tradisie gestig.
Verdere tradisies sluit in die glansgeleentheid, Mnr. & Mej. PSN, waaraan die meeste skole ’n seun en dogter laat deelneem in hoop om dié titel te wen. Die deelnemers word bekend gestel by die openingseremonie om mense bewus te maak van die geleentheid.
Daar is jaarliks ook ’n seremonie wat die naweek se verrigtinge amptelik open.
Pure genot en liefde vir sport maak van die Privaatskolenaweek ’n groot sukses. Volgens Denené de Wet, ’n onderwyseres by Windhoek Afrikaanse Privaatskool, gee die vriendskaplike wedstryde vir almal ’n kans om te speel en dien dit as goeie spanbougeleentheid. Sy beskryf hierdie vriendskaplike wedstryde as “mooi hokkie”, wat almal insluit en leerders die kans gee om hulself te bewys.
Dit gee ook aan leerlinge van klein skole die geleentheid om mee te ding waar hulle andersins nie ’n groot genoeg span daarvoor sou hê nie. Die tradisie om gekombineerde spanne in te skryf, bestaan al lank. So het Edugate Akademie en Maurits Devenish Privaatskool byvoorbeeld gekombineerde laerskool- rugbyspanne.
Maar dit is nie net in die formele kombinasiespanne waar die skole se kleure saamvloei nie - beserings en ander spelertekorte word sommer op die ingewing van die oomblik met ’n speler van ’n ander skool gevul. Hierdie tradisie versterk die vriendskaplike gesindheid waarin die wedstryde gespeel word en die bande tussen skole.
Estie Brand, ’n speler van Moria Privaatskool, vertel hoe baie sy dit geniet om vir al die spanne te speel en te kan uitruil. Verder sê sy dat dit vir haar vreemd voel, maar tog geniet sy dit om ander spanne se manier van speel te ervaar en sodoende meer ondervinding te kry.
Tydens hierdie naweek word selfs ander grense verskuif en kan meisies ook saam met die seuns rugby speel. Zandra Steenkamp (onder sewe) weier byvoorbeeld om netbal te speel en is een van Edugate se tjokkerspanne se ster-rugbyspelers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie