Lared-kampioen in sy eer herstel
Lared Shepard 300 sal in sy eer herstel word as 2014 se Suider-Afrikaanse Breedplan Bul van die Jaar, asook 2014 se Interras Juniorkampioen by die Windhoek-skou.
Dit volg op die bereiking van 'n skikkingsooreenkoms ná 'n regsgeding van langer as vyf jaar tussen die Brahmaan-teler en eienaar van Lared Brahmaanstoet, mnr. Danie Botes, en die Namibië Brahmaantelersvereniging (NBBS), sowel as die Namibië Stoettelersvereniging (NSBA), die Windhoek Skouvereniging, asook mnr. Fred Redecker (Redecker Brahmaan).
Volgens 'n nuusverklaring uitgereik deur Lared Brahmaan het die partye die sogenaamde “olyftak” na Botes uitgereik om te kan skik.
Daar is ooreengekom dat Lared Shepard 300 sy titels sal herwin, terwyl sy nageslag vanaf 12 April 2015 se aansien gevolglik ook in ere herstel sal word.
Dit sal gebeur nadat die skikking 'n hofbevel gemaak word.
Botes het in 2015 regsaksie teen bogenoemde partye geneem toe Lared Shepard 300 se titels geskrap is nadat beslis is dat sy bul se vaderskap nie bewys kon word nie, maar ook omdat hul besluitnemingsproses “'n gebrek aan deursigtigheid en openlikheid” getoon het en omdat “kwaadwillige beweringe” oor sy integriteit as teler gemaak is.
Botes sê sedert 2005 teel die Lared Brahmaanstoet wêreldgehalte Brahmaanbulle en -koeie, met huishoudelike name soos Lared Crespo, Smoke, Muntari, Yster, Hennie, Shepard 300 en Lady Sugarlands.
Die stoet het sedert 2006 talle skoukampioene opgelewer, wat insluit dat dit die Breedplan-kompetisie ses uit agt kere gewen het en ook met drie titels vir Suider-Afrikaanse Breedplan Bul van die Jaar wat deur Lared Crespo (2007), Lared Smoke (2011) en Lared Shepard 300 (2014) behaal is.
Botes is deur mnr. Cobus Visser van Koep & Partners, adv. Deon Obbes en adv. Mike Fitzgerald (SC) van Kaapstad verteenwoordig.
Botes bedank almal wat die afgelope vyf jaar hom ondersteun het en sê hy is tevrede dat geregtigheid geskied het en beskou die saak as afgehandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie