Las Vegas: Minstens 50 dood in skietery
'n Gewapende man het Sondagaand (Amerikaanse tyd) vanuit 'n casino in Las Vegas op 'n buitelug musiekfees losgebrand.
Minstens 50 mense, onder wie twee polisiebeamptes wat van diens af was, is dood en meer as 200 is gewond, het amptenare vroeg Maandag gesê.
Volgens The Guardian is dit die grootste massaskietvoorval in Amerika se geskiedenis.
Die countrysanger Jason Aldean was op die verhoog toe die skote tydens die Route 91 Oesfees begin klap het. Volgens konsertgangers het dit soos outomatiese geweervuur geklink.
Polisiebeamptes het die aanvaller op die 32ste verdieping van die Mandalay Bay Hotel en Casino oorkant die straat van die konsert voorgekeer, het die Clark-distrik se sheriff, Joseph Lombardo, gesê. Die owerhede sê die man is dood. Die polisie het nie sy naam bekend gemaak nie, maar sê hy was 'n plaaslike inwoner.
Lombardo sê dit was 'n “lone wolf”-aanval, maar dat die polisie na die verdagte se kamermaat soek.– Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie