Laventelstap vir kanker
Môre is Wêreldkankerdag en in Namibië gaan die Kankervereniging van Namibië (CAN) en ondersteuners vanjaar weer ’n spesiale Laventelstap van CAN se kantore tot by die AB May Kankersorgsentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal aanbied. CAN word deur Namibië Brouerye en die Ohlthaver & List-groep ondersteun, wat N$70 000 aan die sentrum geskenk het. Die broodnodige fondse word gebruik om onder meer toiletpapier, medikasie en naalde vir biopsies aan te koop. CAN het Windhoekers aangemoedig om môre in solidariteit met alle kankerpasiënte in Namibië saam te stap en op dié dag tyd saam met pasiënte by die sentrum deur te bring. Jaarliks word meer as 3 700 Namibiërs met kanker gediagnoseer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie