'Lawabom' tref toeristeboot uit lug
'n Projektiel warm lawa het op 'n boot vol toeriste aan die kus van Hawai geval en 23 mense is beseer.
Dit is die meeste mense wat tot dusver gedurende die huidige uitbarsting van die Kilauea-vulkaan beseer is.
'n Stoomgedrewe uitbarsting, wat veroorsaak word deur gesmelte klip wat met seewater meng, het die lawabom gelanseer. Dit het op die sitplekgedeelte van die boot geval.
Die brandweer het telefonies aan Reuters gesê die boot het minder as 'n uur later self by die Hilo-hawe aangekom en drie mense is toe per ambulans na 'n hospitaal geneem.
Tien mense is per motor hospitaal toe geneem en nog tien is op die toneel deur paramedici behandel.
BOOTOPERATEUR
Die boot se operateur, Lava Ocean Tours, is een van verskeie operateurs wat toeriste op die see uitneem om te sien hoe die lawa by die see inloop. Mense betaal sowat US$220 per persoon vir so 'n bootrit.
Die boot wat deur die lawa getref is, Hot Spot, het plek vir 49 mense aan boord. Nog ander kleiner druppels lawa het die boot ook getref. Baie stoom en rook kan gesien word op 'n video wat van 'n ander boot af geneem is.
Die vulkaan het begin Junie begin uitbars.
Die operateurs was nie beskikbaar vir kommentaar nie en owerhede ondersoek nou die voorval. Owerhede sê dit is nie duidelik hoe ver die boot van die lawa en die kuslyn was toe die voorval plaasgevind het nie. Die Amerikaanse kuswag verbied bote om nader as 300 m aan die kuslyn te wees, hoewel sommige ervare operateurs toegelaat word om tot so naby as 50 m te gaan.
Amanda Levasseur, die kuswag se woordvoerder, sê hulle sal die 300 m afstand nou streng toepas.
Die geoloog Janet Babb het aan verslaggewers gesê die reaksie van gesmelte klip met seewater, veral in die vlak water, is altyd gevaarlik omdat dit ontploffings kan veroorsaak.
Dit kan vulkaniese rots honderde meters in die lug in skiet en vorm gasse waarteen mense reeds gewaarsku is.
Honderde huise rondom die vulkaan is reeds verwoes, wat dit een van die mees verwoestende uitbarstings in die onlangse verlede maak.
Niemand is tot dusver dood nie.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie