Lawrof geskok oor Comey se afdanking
Lawrof geskok oor Comey se afdanking

Lawrof geskok oor Comey se afdanking

Die Russiese minister van buitelandse sake het gereageer nadat Donald Trump die FBI-direkteur in die pad gesteek het.
“Is hy afgedank? Jy maak 'n grap. Jy maak 'n grap.”

Dít was gister Sergei Lawrof, Russiese minister van buite­landse sake, se sarkastiese ­reaksie op die afdanking van James Comey as direkteur van die FBI.

Die FBI ondersoek die beweerde Russiese inmenging in die Amerikaanse presidentsverkiesing van verlede jaar en die moontlikheid dat medewerkers van pres. Donald Trump met Moskou saamgespan het.

Trump se besluit om die FB-direkteur James Comey af te dank het 'n storm van kritiek onder Demokrate­ ontlok wat sê Trump probeer die FBI-ondersoek in die kiem smoor. Selfs sommige Republikeine het die tydsberekening daarvan bevraagteken.

Withuis-amptenare ontken Trump het dit om politieke redes gedoen.

Lawrof het gister met Rex Tillerson, sy Amerikaanse ampsgenoot, by buitelandse ­sake in Washington vergader voordat hy na die Withuis is vir samesprekings met Trump.

Die president het gister getwiet: ­“Comey het die vertroue van byna almal in Washington, Republikeine­ en Demokrate, verloor. Wanneer dinge gekalmeer het, sal hulle vir my dankie sê.”

Sy administrasie het vroeër gesê Comey is gepos weens sy hantering van die FBI-ondersoek in die verkiesingsjaar na Hillary Clinton, die Demokrate se presidentskandidaat, se gebruik van 'n private ­e-posbediener toe sy nog minister van ­buitelandse sake was.

Op die vraag of Trump ­Comey weens sy hantering van die Rusland-ondersoek afgedank het, het Sarah Huckabee, Withuis-woordvoerder, nee ­gesê. “Om die waarheid te sê, as dit voortgaan, sal dit voortgaan of Jim Comey nou daar is of nie,” het sy aan MSNBC ­gesê. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!