Lüderitz atlete presteer

Gerine Hoff
Jaden Isaacs, Richard Hanse en Peter Domingos van die Lüderitz Vereniging vir Gestremdes, het baie goed gevaar by onlangse kampioenskappe wat deur die Oshana Heroes Sportklub in Oshakati gehou is.
Jaden het ’n silwermedalje in spiesgooi vir juniors gewen terwyl Richard het ’n bronsmedalje in spiesgooi vir juniors ingepalm het. Peter Domingos het die vierde plek in die 100m vir seniors gehaal.
Hulle is nou besig om voor te berei vir die nasionale kampioenskappe wat van 13 tot 15 November plaasvind.
Die Lüderitz Vereniging vir Gestremdes val tans onder die vaandel van die Buchter Sportklub en hoewel dit nou eers in sy kleuterskoene is (en net uit bogenoemde drie atlete bestaan), hoop hulle om in die toekoms baie meer lede te werf.
Die drie se deelname aan die kampioenskappe in Oshakati, is moontlik gemaak te danke aan die ondersteuning van mnr. PJ Sylvester, LMR Construction en die Lüderitz Waterfront Ontwikkelingsmaatskappy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!