Lüderitz eis deursigtigheid oor mangaan
Inwoners van dié kusdorp vra dat 'n deeglike ondersoek gedoen word.
Catherine Sasman - Lüderitz-inwoners eis 'n onmiddellike moratorium op die beweging van mangaanerts van en na die NamPort-hawe tot voldoende maatskaplike en omgewingsnavorsing gedoen is om die moontlike negatiewe impak daarvan te identifiseer en te beperk.
Hulle eis verder die onwettige storting van mangaanerts buite die dorp in Desember en Januarie moet deeglik ondersoek word en die betrokke persoon of liggaam moet strafregtelik vervolg word.
TradePort Namibia CC, 'n Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappy wat plaaslik geregistreer is, het mangaanerts op 'n betonblad langs TransNamib se treinspoor gestort, wat deur NamPort se hawe uitgevoer moes word.
TradePort het mangaanerts deur die Ariamsvlei-grenspos vervoer en die erts sonder die vereiste omgewingsklaringsertifikaat van die ministerie van die omgewing en toerisme gestort.
Terwyl die kwessie van die klaringsertifikaat nou onder die loep is, het NamPort onderneem om die erts in 'n stoor by die haweperseel te berg.
Inwoners het vandeesweek 'n klagskrif aan die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gestuur en ook die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en ombudsman, mnr. John Walters, gekontak om ondersoek in te stel.
Hulle wil verhoed dat soortgelyke voorvalle sonder die vereiste prosedures, klaringsertifikate of permitte plaasvind.
Hulle het hul kommer uitgepsreek oor moontlike omgewingsbesoedeling en die impak op plaaslike besighede – veral visserye, akwakultuur en toerisme – wat hierdie transito-uitvoer van mangaanerts deur die twee Suid-Afrikaanse maatskappye kan hê.
Die klagskrif sê enige erge impak op die omgewing weens besoedeling kan beteken Namibië is in stryd met die Europese Unie (EU) en internasionale gesondheidsbeheer op die plaaslike visbedryf, wat hoofsaaklik produkte na die EU uitvoer.
Inwoners is bekommerd die besoeling kan 'n verwoestende impak op alle mariene produkte hê, wat in die Lüderitz-gebied geoes word.
Inwoners meen ook die transito-uitvoere deur die Lüderitz-hawe kan Namibië volgens die Internasionale Standaarde-organisasie se reëls en boetes in die gedrang bring, wat op beide NamPort-hawens van toepassing is.
“Dit kan Namibië se geloofwaardigheid en status ernstig skaad in die blatante oortredings van baie konvensies, verdrae en so meer, wat Namibië onderteken het. Dit kan ’n einde maak aan uitvoere en invoere per see van alle produkte wat vir menslike gebruik bedoel is, en lei tot die ineenstorting van nywerhede wat werk aan duisende mense verskaf, en 'n ernstige impak op die land hê," lui die klagskrif.
Die inwoners het benadruk hulle is nie teen ontwikkeling nie, maar vrees die bedreiging van hul gesondheid, lewens en bestaan, die omgewing en die dorp se hardverdiende ekonomiese pilare, wat volgens hulle reeds wankelrig is.
"Ons is teen die gebrek aan deursigtigheid van alle betrokke partye en hul oortreding van die omgewingsbestuurwet gekant," lui die klagskrif.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie