Lüderitz kry 44 MW-windkragstasie
’n Groot hernubare energieprojek, in samewerking met ’n Australiëse maatskappy en NamPower, is eindelik ’n werklikheid.
Augetto Graig - Ná 10 jaar se swoeg het mnr. Haddis Tilahun, stigter en uitvoerende direkteur van die United Africa-groep, verlede Woensdag uiteindelik daarin geslaag om ’n ooreenkoms met NamPower aan te gaan vir die bou van ’n yslike 44 MW-windkragstasie van N$1,5 miljard op Lüderitz.
“Ek is lief vir dié projek en is baie opgewonde. Ek sien uit daarna om weer met julle saam te werk en om die moontlikheid van vergrote kapasiteit te oorweeg,” het hy by die ondertekening van die ooreenkoms aan NamPower-beamptes gesê.
Saam met Quantum Power van Australië het Tilahun se maatskappy, Diaz Wind Power, nou die groen lig om voort te gaan met die finansiering van dié projek.
Die konstruksie van die kragstasie sal sowat 300 nuwe werksgeleenthede skep, asook sowat 40 permanente poste teen 2020 wanneer die stasie in die nasionale vraag na elektrisiteit sal begin voorsien.
Tydens die boutyd van 16 maande sal tussen 13 en 18 turbinetorings opgerig word, elk met ’n fondasie van 100 ton.
Hoewel turbinelemme en spesifieke vaardighede ingevoer sal word, word beoog dat die projek en uiteindelike stasie volledig deur Namibiërs beman sal word.
Talle werksgeleenthede sal ook vir plaaslike kontrakteurs geskep word.
Volgens mnr. Duncan Bullock, Quantum Power se beleggingsbestuurder, moet die ekonomiese hupstoot in ag geneem word wat dié projek vir Lüderitz sal beteken.
Die voltooiing van die projek sal ook afhang van die finalisering van die finansieringsproses binne die spertyd van 12 maande, sê Bullock.
Tussen Diaz Wind Power en Quantum Power is N$450 miljoen reeds vir die projek beskikbaar gestel, terwyl kommersiële banke, asook die Nasionale Ontwikkelingsbank (DBN) die geleentheid het om in die res van die projek te belê.
Die nuwe windkragstasie sal tot 200 miljoen kilowatt-ure se elektrisiteit per jaar aan die land verskaf, wat genoeg is om die ligte in 100 000 huise te laat brand, sê Bullock.
Boonop word die stasie gebou met die oog op toekomstige uitbreiding.
“Ons wil van Namibië ’n land maak met van die grootste hernubare energiebronne ter wêreld. Dié projek is ’n tree nader aan daardie werklikheid,” het Bullock gesê.
“Ons sien Namibië as dié sentrum van hernubare energie in suidelike Afrika.”
Deur Diaz Wind Power sal Namibiese verbruikers vir die volgende 25 jaar oor ’n skoon en bekostigbare kragbron beskik, sê hy.
Mnr. Kahenge Haulofu, uitvoerende direkteur van NamPower, het die lang aanloop tot die finalisering van die ooreenkoms, wat sedert 2008 beding word, toegeskryf aan die verdeling van risiko en onderhandelinge met die ministerie van myne en energie sodat die regering se ondersteuning ook verkry kon word.
In 2016 is ’n ooreenkoms bereik wat op 4 Oktober van daardie jaar onderteken is.
Die elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se goedkeuring is in September 2017 verkry.
Afgesien van die aankoop-ooreenkoms het NamPower ook ’n skenking van N$160 miljoen aanvaar vir Diaz Wind Power om die transmissie-infrastruktuur te bou wat dit aan die nasionale kragnetwerk sal koppel.
Goedkeuring vir Diaz Wind Power om die stelsel te gebruik moes ook verkry word.
Volgens Haulofu wil NamPower met meer onafhanklike kragprodusente saamwerk om meer hernubare elektrisiteit vir die land aan te koop.
As deel van die hernubare energie-invoertariefstelsel, bekend as REFIT, beoog NamPower dat 14 plaaslike onafhanklike hernubare kragprodusente elk 5 MW sal opwek.
Uit hierdie 14 produsente is 7 reeds op die been, terwyl die res nog voor die einde van vanjaar of vroeg volgende jaar na verwagting krag sal opwek.
REFIT sal altesaam sowat 70 MW in die nasionale kragnetwerk invoer.
NamPower het ook ’n aankoopooreenkoms met Greenam gesluit vir 20 MW se sonkrag wat in die middel van 2018 sy bydrae moet lewer, waarna ’n 37 MW-sonkragstasie, waarvoor ’n tender vroeg vanjaar reeds toegeken is, werksaam sal wees.
Nogtans, sê Haulofu, sal kraginvoere van buurlande in die SADC-streek in die voorsienbare toekoms voortgaan tot Namibië ’n grootskaalse kragstasie met 24 uur se opwekkingskapasiteit kan bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie