Lüderitz Nest Hotel vier 21 jaar

Hierdie hotel skitter so blink soos die gebied se diamante.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Lüderitz Nest Hotel in die enigmatiese kusdorp Lüderitz het op 24 April vanjaar sy 21ste verjaardag gevier.

Dit was op dié dag in 1998 dat die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, die luisterryke inwyding waargeneem het.

Daar is nie nog ’n hotel in Namibië waar ’n gas saans tussen die luukse linne kan inglip terwyl die branders letterlik meters weg teen die balkonmuur klots nie.

Hierdie wonderlike vierster-hotel wat direk op die rotste en die see gebou is, het selfs sy eie private pier en strand.

Dit is die afgelope 21 jaar onder die knap leiding van die bekende hotelier Ulf Grünewald tot een van Namibië se tophotels uitgebou.

Die laaste vyf jaar is baie tyd bestee om met groot aandag die hotel te restoureer en op te gradeer. Dit is gedoen in oorleg met terugvoering wat van gaste af ontvang is – iets waaraan Grünewald en sy knap span groot waarde heg.

Van die span gepraat: Hulle is almal vroue wat oor jare van onder af in hul bestuursposisies bevorder is.

Aandag is ook aan die bewaring van die omgewing geskenk. Die Lüderitz Nest Hotel was die eerste hotel in die land wat met die gebruik van plastiekstrooitjies weggedoen het.

Verder is die gloeilampe in die hotel met die nuutste lae-energiegloeilampe (LED) vervang om elektrisiteit te bespaar.

Verder staan die hotel ook sy skoene as goeie korporatiewe burger van die dorp vol. “Ons het ’n spesiale wyn waarvan ons 5% van die verkope vir die restourasie van die voetgangerbrug by die Diaz-kruis skenk,” vertel Grünewald.

Die hotel het al feitlik al wat toerismetoekennings is, ingepalm. In 2016 is dié 73 kamer-hotel opnuut met die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) se gesogte uitmuntendheidstoekenning vir hotels vereer.

Grünewald sê hy en sy span is trots daarop om vriendelike diens te lewer aan die gaste wat hierdie uitsonderlike hotel binne een van die mees unieke mariene omgewings van Namibië besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!