Lüderitz ontstoke oor kragooreenkoms
Inwoners is bang die uitkontraktering van kragverspreiding sal die raad se ondergang beteken.
Catherine Sasman – Die waarnemende uitvoerende hoof van Lüderitz se dorpsraad, mnr. Ignatius Tjipura, sê nog geen ooreenkoms oor kragvoorsiening en -verspreiding op die dorp is al bereik nie.
Inwoners en belastingbetalers sê die voorgestelde ooreenkoms om die raad se kragverspreiding na die Walvisbaaise private maatskappy Consolent en Cenored uit te kontrakteer, is “onwettig” en word na bewering deur “sekere individuele raadslede” bewimpel.
Raadslede wat by die beweerde ooreenkoms betrek word, is die adjunkburgemeester, me. Brigitte Fredericks, die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Calvin Mwiya, en ’n lid van die bestuurskomitee, mnr. Willem Gumede. Fredericks en Gumede wou geen kommentaar lewer nie.
Gumede het “geen kommentaar” geantwoord, terwyl Fredericks gesê het sy ontken nie die ooreenkoms nie.
Sy het bygevoeg: “Gaan terug na dié wat vir jou die inligting gegee het, hulle moet aan die regte inligting aan jou verskaf.”
Mwiya kon nie vir kommentaar bereik word nie. Die uitvoerende voorsitter en direkteur van Conselect Engineering, mnr. Wiseman Molatzi, wou ook geen kommentaar lewer nie en het alle vrae na die dorpsraad verwys.
Bronne op die dorp sê tydens die dorpsraadsvergadering Maandag oor die voorgestelde ooreenkoms is hewige debat gevoer, wat byna in ‘n vuisgeveg tussen raadslede geëindig het.
Volgens ’n petisie wat inwoners opgestel het, sal ‘n konsepooreenkoms na bewering vir finale goedkeuring “sonder enige ophef” aan die raad voorgelê word.
“Dit is totaal onaanvaarbaar, ernstige kwessies is hier betrokke,” lui die petisie.
Daarvolgens word raadsprosedures nie toegepas nie en was daar ook geen openbare betrokkenheid in die vorm van beraadslaging met inwoners nie.
Die spoed waarteen die kantoor van die aanklaer-generaal die sogenaamde konsepooreenkoms na bewering noukeurig deurgegaan het, sonder om die egtheid daarvan of prosedures te ondersoek, word bevraagteken.
Die beswaardes eis die onmiddellike opskorting van onderhandelinge en die uitstel van enige besluit om enige elektrisiteitsbates of –rekeninge aan enige ander party te oorhandig, wat streek-elektrisiteitsverspreiders (RED’s) insluit.
Tjipura ontken die bestaan van ’n konsepooreenkoms en sê daar is nog net onderhandelinge oor ‘n moontlike ooreenkoms.
Hy het ook ontken dat “sekere individuele raadslede”, soos beweer word, by die ooreenkoms betrokke is.
Oor waarom die dorpsraad sy elektrisiteitsvoorsiening sou wou uitkontrakteer, het Tjipura gesê: “Om uit te kontrakteer, is om te probeer om dienslewering te verbeter, infrastruktuur op te gradeer en die bestuur van daardie spesifieke eenheid of departement te verbeter. Dit is nie ten koste van enige instellings nie. Die lewensvatbaarheid moet daarom noukeurig ondersoek word alvorens tot dié stap oorgegaan word. Hieroor het die raad nog nie ‘n besluit geneem nie”.
Volgens uittreksels uit die konsepooreenkoms sal dit vir die voorsiening van elektrisiteit wees en tussen die dorpsraad, Conselect Engineering en Cenored aangegaan word om ‘n gesamentlike onderneming, Atlantic Electrical (Pty) Ltd, te vorm.
Een van die onderneming se doelwitte is om “bykomende inkomste” vir die Lüderitz- en Oranjemund-dorpsraad deur middel van “aandele, elektrisiteitsvoordele vir plaaslike owerhede, huurfooie vir bates en doeltreffende skuldinvordering” te skep.
Bronne sê die kontrak sluit in die oordrag van eiendom van die Lüderitz-dorpsraad en inkomste van tussen N$80 miljoen tot N$100 miljoen per jaar aan Atlantic Electric teen betalings van aandele deur die maatskappy aan die raad.
“Dit sal tot die raad se ondergang lei,” het ‘n inwoner van die dorp gesê wat verkies om anoniem te bly.
Die kontrak bepaal Cenored kan namens Atlantic Electric die elektrisiteitsverspreidingsnetwerk binne Lüderitz en Oranjemund se grense in stand hou en bedryf en die “voortgesette opgradering en uitbreiding van die elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk” verseker.
Die kontrak bepaal verder Conselect kan dienste namens Atlantic Electric vir raadgewende ingenieurs en projekbestuur onderneem.
Die partye sal ook aandele in die gesamentlike onderneming hê en die ooreenkoms is tydelik en hang van die “finalisering van die voorgestelde Southern Red Regime” af.
Die konsepooreenkoms bepaal verder Lüderitz en Oranjemund se dorpsrade moet by die toepaslike Namibiese owerhede aansoek doen vir enige en alle goedkeurings, voordele of vrystellings nodig vir beoogde aktiwiteite.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie