Lüderitz oorgehaal vir ekspo

Dani Booysen
Op die skilderagtige Lüderitz word daar hard gewoel en gewerskaf om die Suide se finalis in die Dorp van die Jaar-kompetisie volgende week by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) te kom bemark.
“Ons is oorgehaal, reg vir die reis en werk hard om mense te mobiliseer,” sê me Aunie Gideon, uitvoerende hoof van Lüderitz se munispaliteit.
Almal in die toerismebedryf op die dorp is versoek om inligting en materiaal te verskaf wat by die NTE as nasionale toonvenster gebruik kan word. Lüderitz ding mee teen Ongwediva (Noorde), Otjiwarongo (sentraal-Namibië) en Swakopmund (weste).
“Dalk bring ons ook ’n kreefstertjie of wat saam,” skerts Gideon.
Volgens haar is die besondere karakter van Lüderitz die Suide-wenner se troefkaart. “Ons het beslis die mooiste dorp en eintlik is ons nog onontdek, soos ’n ongeslypte diamant,” sê sy oor die dorp se ontwikkelingspotensiaal. Lüderitz se ryk en uitsonderlike geskiedenis en sy vriendelike en meelewende inwoners is volgens Gideon ander weneienskappe.
Twee naweke gelede het die dorp vir die negende keer die Kreeffees by die dorp se gewilde waterfront aangebied. Volgens Gideon was die bywoning beter as ooit en volgende jaar gaan dit nog groter jolyt wees wanneer hierdie fees sy tiende bestaansjaar vier.
Van die nuwe ontwikkelings op Lüderitz sluit ’n windpark in om omgewingsvriendelike energie op te wek en die oprigting van ’n unieke seevaartmuseum om die skeepwrak en artefakte uit te stal wat hier ontdek is. ’n Nuwe kliniek en polisiestasie word ook beplan.
Onder Lüderitz se etlike besienswaardighede tel die spookdorp Kolmanskop, Diaspunt, die Felsenkirche en nog baie meer.
NMH gee by die NTE ’n spesiale gids tot elk van die finalisdorpe uit. Die wendorp ontvang bemarking ter waarde van N$200 000.
Skryf “REP” vooraan jou SMS gevolg deur die naam van die dorp vir wie jy stem en stuur jou SMS na 51500. Net een stem word per selfoon toegelaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!