Lüderitz se krane drup-drup
’n Kusdorp se opgaartenk moet hervul word, terwyl NamWater en NamPower ’n krisis probeer beredder.
Byna twee dae nadat Lüderitz se krane plek-plek opgedroog het, skarrel inwoners en sake-eienaars rond op soek na water en antwoorde.
Die dorp se watertekort is Maandagmiddag deur komplikasies met NamWater-werksaamhede vererger.
Volgens die munisipaliteit se waarnemende hoofbeampte, mnr. Otto Shipanga, het probleme Saterdag reeds kop uitgesteek, toe die kragtoevoer na NamWater se boorgate en pompe in die wiele gery is.
Teen gister het die dorpsraad voertuie, wat die dorp se brandweerwa insluit, ingespan om water by inwoners en besighede af te lewer, terwyl die beperkte watertoevoer aan dié gebiede wat die ergste onder die krisis ly, beskikbaar gemaak is.
Shipanga het gesê die gedeeltelike onderbreking in watertoevoer is effens verlig toe NamWater Dinsdag weer 80 kubieke meter water per uur na die dorp begin pomp het.
Dít is veel minder as die gewone 200 kubieke meter per uur.
In die Nautilus-woongebied het mense tou gestaan by die laaste twee waterpunte wat steeds in werking is.
“Die raad het spesifieke waterverskaffingspunte op die dorp aangewys, waar tenks en vragmotors water aan inwoners in hoërliggende gebiede verskaf. Ons rantsoeneer water terwyl die krisis voortduur,” het Shipanga gesê.
“Ons het planne om water aan die hospitaal, tronke, skole en pensioenarisse te verskaf, en ons bly voortdurend met plaaslike rolspelers soos die visvang- en toerismesektor in verbinding. Ons bly in kontak met ons gemeenskap en verwag waterverskaffing sal tydens of ná die naweek herstel, omdat dit 'n ingewikkelde situasie is,” het Shipanga gesê.
Hy het gister bevestig die dorp se wateropgaartenk is leeg.
’n Watervlak van 60% is nodig om waterverskaffing te herstel en dit word as 'n prioriteit beskou, het hy gesê.
Shipanga het gisteroggend ’n openbare kennisgewing oor die kwessie uitgereik.
Hy het gesê die raad doen stappe om water aan inwoners te verskaf tot die situasie herstel.
“Daar is sekere tegniese probleme met die transformator en die pompe, waaraan NamPower en NamWater tans werk,” het Shipanga gesê.
Hy het gesê wanneer die situasie opklaar, sal die hoogliggende gebiede steeds laer waterdruk as die laagliggende gebiede ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie