Lüderitz se kreefbedryf in die knyp
Sektor ''kan nie sonder hulp oorleef''
Catherine Sasman – Die Namibia Rock Lobster Fishing Association (Namrock) het ’n dringende beroep op die regering gedoen om in te gryp ten opsigte van stygende hawe- en verwante fooie ten einde die kreefbedryf op Lüderitz vir klein operateurs bekostigbaar te maak.
Soos sake nou staan, is dit eenvoudig nie vir bote die geld werd om in die huidige kreefseisoen selfs die hawe te verlaat nie, sê die voorsitter van die vereniging, mnr. Rene-Dean Shanjengange.
Uit die ongeveer 25 maatskappye wat konsessies het vir die vang van kreef, het net tien aan die begin van die 2014-15'-seisoen wat vanaf November tot April duur, begin werk.
Die vissermanne het spesifiek besware teen die betaling van agterstallige kwotafooie en staan gebuk onder NamPort se haweheffings en -fooie wat hulle aan die waarnemeragentskap van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne moet betaal as hul see toe gaan.
Ná ’n vergadering wat hulle in Oktober verlede jaar met minister Bernard Esau belê het, het Namrock hom genader vir ’n tydelike opskorting van kwotafooie van die vorige seisoen, sodat die vissermanne vir hierdie seisoen hul nuwe kwotas kan vang.
Mnr. Peter Amutenya, die permanente sekretaris van die ministerie, het egter in Desember laat weet dat Namrock se versoek nie oorweeg sal word nie, en dat daar 12% rente op enige laat betalings bereken sal word.
“Die kreefbedryf is die ruggraat van die dorp se ekonomie. As die bedryf geld maak, kan almal in die dorp iets maak,” sê Shanjengange.
Volgens Shanjengange was die bedryf tot 2005 bekostigbaar vir die voorheen benadeelde vissermanne, wat in 1994 regte vir kreefvangste ontvang het. Maar sedert die finansiële insinking in 2008, sukkel die bedryf om weer op dreef te kom, met wisselvallige pryse op die internasionale markte wat eenvoudig nie beter word nie.
“Van toe af was dit ’n gesukkel. Baie vissermanne het ten gronde gegaan; baie het belangstelling verloor,” sê Shanjengange.
In 2008 het die industrie teen ’n verlies gewerk. Toe het dit ongeveer N$200 per dag gekos om uit te gaan see toe, terwyl vissermanne slegs N$93 per kilogram kon verdien.
In September 2013 het Namrock vir daardie jaar regte ontvang om 3 500 ton marsbanker as ’n alternatiewe bron van inkomste te vang. Esau het aanvanklik gesê hy sou moontlik eers in November met Namrock sou kon vergader om die voorstel te bespreek, maar in Oktober het hy laat weet die versoek sal nie oorweeg word nie.
Die vissermanne sê hul uitgawes vanjaar is verpletterend, en die gestryery met die ministerie en NamPort maak die gesukkel nie die moeite werd nie.
40% van hul uitgawes word op aas bestee. Die instandhouding van hul bote en ander toerusting het ook al duurder geword.
Dit kos tussen N$80 en N$700 per dag vir die bote om van NamPort se kaai gebruik te maak. As die bote uitvaar see toe, betaal hulle N$48 per uur vir 12 ure (ongeveer N$600) vir die waarnemeragentskap.
“Die industrie is erg in die knyp; ons kan dit eenvoudig nie meer bekostig nie,” sê Shanjengange.
Hy sê Namrock probeer reeds die afgelope 10 jaar om met die ministerie en die plaaslike owerhede te vergader om Lüderitz se hoë besigheidskostes te bespreek, en om van die regering ’n reddingsboei te vra.
“Ons hoop ons sal subsidies kry, maar tot dusver het nog niks gebeur nie. Die industrie sal nie oorleef as daar nie hulp kom nie,” sê Shanjengange.
NamPort se bemarkingspesialis vir die Lüderitz-hawe, mnr. Cecil Kamupingene, het ontken NamPort se fooie knak die kreefindustrie.
“Dit is die algehele samestelling van die dorp se ekonomie,” het Kamupingene gesê. Hy het verwys na ’n studie waarin jare gelede daarop gewys is dat baie duur is om sake op Lüderitz te doen, in vergelyking met Walvisbaai.
Kamupingene het egter gesê NamPort doen alles in sy vermoë om die klein vissermanne tegemoet te kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie