Lüderitz se Rotariërklub gee graag
Die Rotariërklub op Lüderitz word deur ander groter klubs as “uiters proaktief” beskryf, danksy hul betrokkenheid by verskeie sosiale projekte op die dorp.
Volgens die klub se president, mnr. Ulf Grünewald, is hul klub baie klein, maar baie bedrywig.
“Ons is ’n organisasie wat ’n waardevolle en by tye noodsaaklike diens aan die gemeenskap lewer. Deur middel van ons talle internasionale en plaaslike kontakte, vind ons Rotariërs oral in die wêreld wat geld wil skenk en dit vir gemeenskapsprojekte wil gebruik,” sê hy.
Een van die klub se mees onlangse projekte was om 110 wetenskaplike sakrekenaars aan leerlinge van die Sekondêre Skool Angra Pequena te skenk.
“Elke graad 10- tot 12-leerling wat nie ’n wetenskaplike sakrekenaar besit nie, is van een voorsien en sodra hulle dit nie meer gebruik of nodig het nie, word dit aan ’n volgende leerlinge gegee,” het Grünewald gesê.
“Ons wil graag hierdie konsep ook na ander klubs in Namibië uitbrei sodat leerlinge oral by die inisiatief kan baat. Ons wil spesifiek hê die hele Karasstreek moet deel daarvan wees.”
Die meeste van die klub se projekte is gemeenskapgerig. ’n Baie suksesvolle gemeenskapsprojek is die Happy Generations-kleuterskool wat eens in ’n eenkamerhuis met ’n klein kombuis gehuisves was en 40 kinders versorg het. Dié huis is nou opgeknap en vergroot.
Die Rotariërs het ’n bakkery en vier bykomende klaskamers by die Preprimêre Skool Diaz gebou, asook ’n speelgrond in die Benguela-woonbuurt en in Area 7.
Planne vir die toekoms sluit in die bou van ’n buitelug avontuurspeelgrond by Agaatstrand.
Volgens Grünewald werk die klub nóú saam met die dorpsraad wat grond vir hierdie soort projekte aan die Rotariërs beskikbaar stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie