Lüderitz soek antwoorde oor mangaan-uitvoere
Inwoners van die dorp sê hulle gaan politieke ingryping eis as hulle nie duidelikheid kry nie.
Catherine Sasman - Ongelukkigheid oor die beplande transito-uitvoer van mangaanerts van Suid-Afrika af deur die Namport-hawe op Lüderitz duur voort, terwyl inwoners op die dorp op antwoorde van die hawe- en ander owerhede aandring.
Meer as 200 inwoners het Maandag ‘n emosiebelaaide vergadering op die dorp bygewoon.
Hulle dring op inligting oor die moontlike impak op die omgewing, mense- en dieregesondheid, moontlike gevare vir see- en varswaterbronne, watergebruik, visserye, toerisme en ander besighede aan, sou daar ‘n reuse-intog van trokke op die dorp wees wat mangaanerts vervoer.
Plaaslike belanghebbers het van die beplande mangaanerts-invoere gehoor by ‘n vergadering wat op 3 Desember deur GeoPollution Technologies gehou is.
GeoPollution Technologies is ’n konsultant vir PektraNam Logistics, een van die Suid-Afrikaanse maatskappye.
Die Lüderitz-buchters was erg ontstoke toe trokke van ‘n ander maatskappy, TradePort, onaangekondig en onverwags in die laaste dae van Desember mangaanerts buite die dorp begin aflaai het.
Dit het toe ook aan die lig gekom TradePort het die mangaanerts sonder enige omgewingsklaringsertifikaat van die ministerie van omgewing en toerisme ingebring en afgelaai.
Dit is ook nie duidelik of die vragmotorbestuurders werkspermitte gehad het toe hulle die land binnegekom het nie.
‘n Inwoner, mnr. Reginal Hercules, het gesê tydens Maandag se vergadering is besluit ingryping van president Hage Geingob, sowel as die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, en die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gaan geëis word as bevredigende antwoorde nie verskaf word nie.
Mnr. Jason Burgess, ‘n oesterboer op die dorp, het gesê tot dusver het geen staatsinstansie enige inligting verskaf oor watter stappe teen TradePort geneem gaan word nie.
“Gaan hulle (TradePort) daarmee wegkom? Gaan dit onder die mat ingevee word?” het Burgess dié week gevra.
Mnr. Crispin Clay, ook ‘n inwoner van Lüderitz, wou weet hoe TradePort trokke mangaanerts sonder die nodige dokumente deur die Ariamsvlei-grens kon vervoer.
“Ons weet nie wat op die grond gebeur nie. Ons verwelkom enige ontwikkeling op die dorp, maar iemand moet seker vir ons begin antwoorde gee oor die mangaanerts-uitvoere,” het me. Crystal Jantjies beaam.
Sy het gesê Namport het beloof om “binnekort” antwoorde te verskaf.
Inwoners hoop ‘n vergadering wat GeoPollution Technologies vir môre belê het, sal meer duidelikheid verskaf.
GeoPollution het die inwoners ingelig dat hy steeds besig is met ‘n omgewingsimpakstudie namens PektraNam Logistics, en het beloof om inwoners oor dié maatskappy se beplande voorkomende en versagtende stappe oor die moontlike omgewingsimpak in te lig.
By verlede Maandag se vergadering is genoem Lüderitz het 2 400 moontlike werksgeleenthede verloor omdat 24 000 ton vis eerder van Walvisbaai se hawe af uitgevoer word weens Namport se duur hawefooie op Lüderitz.
Namport betwis dit en sê daar is geen verband tussen sy hawefooie en werksgeleenthede op Lüderitz nie.
Namport het gesê hy het ingestem om sy hawefooie vir mangaanerts-uitvoerders op grond van “volumedeurvoere” drasties te verlaag.
Mnr. Tino Hanabeb, Namport se handelshoof, het geweier om enige besonderhede oor ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse maatskappye te verskaf.
Hy het volgehou mangaanerts is vroeër sonder voorval deur die Walvisbaai-hawe uitgevoer.
“Ons het stelsels om moontlike omgewingskade te bestuur en te beheer,” het Hanabeb gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie