Lüderitz vier weer see se skatkis

Ronelle Rademeyer
Die 12de jaarlikse kreeffees by die Waterfront Harbour Square op Lüderitz was volgens die organiseerders weer eens ‘n kuierfees soos min en ‘n reusesukses.

Dit is van 25 tot 30 April op dié kusdorp aangebied.

Buiten vir talle kos- en ander stalletjies, is ‘n vrouebemagtigingskonferensie, sakekonferensie, Clash of the Choirs-gospelfees, Spin City-motorwedren en strandpartytjies aangebied.

Me. Gilda Shawa, administratiewe beampte van die fees, sê dit is in 2007 begin om plaaslike sakeondernemings te bevorder en die visbedryf as ruggraat van die gemeenskap te vier.

Oor die jare het dit ook ‘n groot trekpleister vir toeriste geword.

Die fees ploeg terug in die gemeenskap deur van die geld wat ingesamel word, tot voordeel van bejaardes op die dorp aan te wend, vertel Gilda.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!