Le Clos maak geskiedenis
Swem
Sportredaksie
Hy het gesê hy wil geskiedenis maak, en toe doen Chad le Clos dit.
Le Clos het gisteroggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) sy derde goue medalje op die Kortbad-Wêreldkampioenskap in Kanada gewen.
Met sy sege in 21.98 sekondes in die 50 m-vlinderslag het hy gesorg dat hy die eerste manswemmer word om die 200-, 100- en 50 m-vlinderslag op twee opeenvolgende wêreldbyeenkomste te wen.
Met dié dubbele driekuns, saam met sy nuwe wêreldrekord in die 100-vlinderslag en sy silwermedalje in die 200-vryslag, is dit seker veilig om te sê Le Clos het ''n andersins nare jaar nou gemaklik agter hom geplaas.
Tom Shields, wat silwer in die 200- en 100-vlinderslag gewen het, moes weer eens met die tweede plek tevrede wees. Hy het die 50 m in 22.40 sekondes afgelê. David Morgan van Australië was derde. Sy tyd was 22.47.
Dié medalje was Le Clos se negende goud, en 11de medalje algeheel, op ''n Kortbad-wêreldbyeenkoms. Op dag 5, die tweede laaste dag, was daar darem vreugde vir ''n paar ander Suid-Afrikaners ook.
Vir die eerste keer sedert Myles Brown op die tweede dag van die byeenkoms vyfde in die 200-vryslag geëindig het, het daar ''n swemmer wie se van nié Le Clos is nie, vir ''n eindronde gekwalifiseer. Sommer twee van hulle in een item. Nadat Cameron van der Burgh nie die eindronde van die 100 m-borsslag kon haal nie, het hy vir hom ''n plek in die 50-borsslag bespreek.
Giulio Zorzi sal ook in die eindronde van hierdie item, wat vanoggend vroeg beslis word, meeding. Hulle was die enigste Suid-Afrikaners wat verder as Saterdag se uitdunne kon vorder.
Sy teleurstelling by die Olimpiese Spele gaan vir baie lank nog by Chad le Clos spook, máár, sê Ryk Neethling, dit het ook ''n vuur in hom aangesteek wat moeilik geblus gaan word.
Neethling, wat in sy loopbaan net soos Le Clos Olimpiese soet en suur beleef het, het Vrydag gesê hy is verheug oor die manier waarop die Suid-Afrikaner die afgelope week uit die as opgestaan het.
Neethling was in Augustus in Rio de Janeiro toe Le Clos net vierde in die Olimpiese eindronde van die 200-vlinderslag kon eindig en met silwer in die 100 tevrede moes wees.
In vergelyking met sy wonderlike 2012-Spele, toe hy op 20 ''n Olimpiese kampioen geword het, was die Rio-skouspel een wat Le Clos met hangskouers en baie vrae gelaat het.
“Kyk, daai teleurstelling in Rio gaan Chad nog vir die volgende vier jaar ry. Hy het nou opgestaan, maar hy gaan nooit vergeet wat daar gebeur het nie,” het Neethling gesê.
“Die positiewe daaruit is dat hy dalk eendag sal terugkyk en sê dit was pynvol, maar dit was uiteindelik ''n bedekte seën, want dit was motivering vir die volgende vier jaar. Chad hou nie van verloor nie, so dit gaan hom lank aanvuur.”
Le Clos het ''n nagmerrie-jaar binne én buite die swembad gehad, met die nuus voor die Spele dat albei sy ouers kanker het wat sy wêreld heeltemal omgekeer het. Die 24-jarige swemster het sy wêreldrekord Vrydag aan hulle opgedra en gesê dit gee ''n andersins aaklige 2016 darem ''n bietjie glans.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie