Le Clos, Van der Burgh lei aanslag
Le Clos, Van der Burgh lei aanslag

Le Clos, Van der Burgh lei aanslag

Swem
Tielman van Lill
Tinus van Staden



Suid-Afrika se swemspan kry reeds vanoggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) die kans om sy eerste medaljes op die kortbad-Wêreldbyeenkoms in Windsor, Kanada, te verower.

Die land se goue swemseuns, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, neem vandag op die eerste dag van dié byeenkoms in die uitdunne van hul eerste twee nommers deel. Le Clos begin sy kompetisie met die 200 m-vlinderslag, waarin hy in 2012 as Olimpiese kampioen gekroon is en in 2014 die kortbad-wêreldkroon gedra het.

Van der Burgh sal in die 100 m-borsslag in aksie wees. Hy is die kortbad-wêreldrekordhouer in dié nommer (55.61.). Hy sal met die Rus Vladimir Morozov moet afreken as hy die goue medalje om sy nek wil hang. Morozov was vanjaar die algehele wenner van Fina se kortbad-Wêreldbekerreeks.

Le Clos sal op die grootste verhoog wil vergoed vir sy vierde plek in die 200 m-vlinderslag op die Olimpiese Spele. Tamas Kenderesi van Hongarye, wat brons op die Spele gewen het, is die enigste medaljewenner van Rio wat ook in dié nommer betrokke gaan wees.

Le Clos sal vandag, indien hy soos verwag die eindronde haal, die Amerikaner Tom Shields moet troef. Hoewel Shields nie ''n faktor op die Spele was nie, het hy Vrydag die Amerikaanse rekord in die 100 treë-vlinderslag verbeter. In Amerika word kortbad-kompetisies ook in swembaddens wat 25 treë lank is aangebied.

Le Clos sal vandag ook in die 100 m-vlinderslag en Vrydag in die 50 m-vlinderslag meeding. Van der Burgh swem eers Saterdag weer in die 50 m-borsslag. Suid-Afrika het benewens dié goue duo nog drie Olimpiese swemmers op die byeenkoms. Myles Brown het gister al aan die 400 m-vryslag deelgeneem terwyl Douglas Erasmus en Brad Tandy albei môre in die 50 m-vryslag in aksie sal wees.

Vier opkomende vroue­swemmers, ­Mariella Venter, Tayla Lovemore, Gabi Grobler en Kaylene Corbett, sal die land in Kanada verteenwoordig. Ongeveer 1 000 swemmers van 175 lande neem aan die tweejaarlikse kampioenskappe deel wat tot Sondag duur.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!