Leë Hardap verdiep droogtenood
Die staatshoof het gister op Mariental met inwoners van die Hardapstreek vergader.
Ronelle Rademeyer op Mariental - Teen Desember sal die Hardapdam by Mariental se vlak sodanig verlaag het dat water nie langer aan boere by die besproeiingskema gelewer kan word nie.
Dit staan tans op 19%.
Drie maande later sal die dam na verwagting net nog 1,5% vol wees en sal NamWater spesiale pompe moet gebruik om die water vir die dorp te onttrek.
Die goewerneur van die Hardapstreek, me. Esmé Isaak, het gister tydens pres. Hage Geingob se stadsaalvergadering op dié dorp gesê die waterkrisis kan meebring dat mense in veral die landbousektor hul werk verloor.
Sy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om water spaarsamig te gebruik.
Om goedkoop veevoer te vervaardig, gaan haar kantoor werklose jongmense aanstel om die riete en prosopisbome in en langs die oewer van die Visrivier af te kap.
Hamermeulens is aangeskaf om dit mee te versnipper sodat dit aan diere gevoer kan word, sê sy.
Terwyl ’n geskatte 400 mense die Persianer-saal by die skougronde volgepak het om met die president oor hulle probleme te praat, het lede van die suiwelbedryf op ’n plaas buite die dorp hul kritieke situasie bespreek.
Die suiwelprodusentevereniging (SPV) het sy jaarvergadering op die plaas van die voorsitter, mnr. Kokkie Adriaanse, gehou.
Volgens mnr. Günther Ling, besturende direkteur van Namibia Dairies, is melkproduksie weens die droogte vanjaar 2% laer as verlede jaar.
Die bedryf bevind hom in ’n kosteknyptang waar hoë veevoer- en brandstofkoste die handjie vol melkboere wat nog moedig voortbeur, se inkomste opslurp en veroorsaak dat hulle nie geld maak nie.
BOERE
Mnr. Johan Brand, wat teenaan die Botswana-grens boer, het aan Geingob en sy afvaardiging gesê die gemeenskap het groot waardering vir dié grondvlakbesoek.
Hy het egter ’n beroep op die regering gedoen om dit vir boere makliker te maak om te produseer deur byvoorbeeld te waak teen oorregulasie. Hy het in dié verband na die kleinveebemarkingskema verwys wat die skaapbedryf op sy knieë gedwing het.
’n Ander frustrasie, sê Brand, is die regering se voeteslepery met die uitbetaling van BTW-eise. “Ons eerbiedig wetgewing en betaal BTW, maar die regering doen nie dieselfde nie en terugbetalings is agterstallig.”
Mnr. Jako van Wyk het in sy spreekbeurt namens die Namibië Landbou-unie (NLU) en Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) ook hieroor beswaar gemaak.
Hy wou weet waar staan die skaapbedryf met die implementering van die ombudsman van Namibië, adv. John Walters, sê verslag wat aanbeveel het die skema moet afgeskaf word. Van Wyk sê dit is ’n jaar later en niks het nog gebeur nie.
Brand het ook versoek dat grondpaaie in afgeleë distrikte beter onderhou word. Volgens hom kan vragmotors nie sy plaas bereik om skape op te laai wat bemark moet word, of om veevoer daar af te laai nie.
Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het intussen by gister se vergadering gesê die regering het danksy plaaslike en internasionale skenkers reeds meer as N$300 miljoen van die beloofde N$573 miljoen ingesamel wat aan noodleniging bestee gaan word.
Volgens haar het “sommige Namibiërs” ook reeds 2% van hul maandelikse inkomste aan die regering oorbetaal om vir droogtehulp aan te wend.
Sy het benadruk dat net dié bestaansboere wat geen opbrengste gehad het nie en dus nie kos op die tafel het nie, maandeliks kospakkies vir oorlewing sal ontvang.
Dusver is net 252 bale lusern vir boere in die Hardapstreek afgelaai. Kuugongelwa-Amadhila het gesê sy weet dit is baie min, maar dat nog 568 bale vandeesweek afgelewer sal word in ’n poging om vee in die streek aan te lewe te hou.
Dié voer is ook net vir uiters behoewende boere bedoel, het sy gesê, maar bygevoeg verskeie ander boere in die streek het reeds eisvorms ingedien om vir die gesubsidieerde veevoer in aanmerking te kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie