Le Pen wil ander su00f3 uit land hou
Le Pen wil ander su00f3 uit land hou

Le Pen wil ander só uit land hou

Die verregse kandidaat het die fokus voor die eerste ronde van die Franse presidentsverkiesing op immigrasie probeer plaas om steun te wen.
Volgens peilings die laaste paar maande sal die verregse presidentskandidaat, Marine Le Pen, en die gematigde Emmanuel Macron, Sondag kwalifiseer vir die laaste ronde van die verkiesing op 7 Mei.

Maar Le Pen, leier van die ­Nasionale Front, is sedert begin vandeesmaand onder druk, terwyl die konserwatiewe Francois Fillon en die verlinkse Jean-Luc Melenchon die gunstelinge se voorsprong verklein.

Le Pen het eergister op 'n byeenkoms in Parys onderneem om summier 'n moratorium op alle immigrasie te plaas in die hoop dat sy steun van die 30% onseker kiesers sal kry.

Die moratorium was tot dusver nog nie deel van haar program nie, hoewel sy sê sy wil die immigrasiesyfer tot 10 000 per jaar beperk.

Le Pen kon tot dusver nie daarin slaag om 'n debat met haar medepresidentskandidate te ontlok oor haar onverbiddelike houding oor immigrasie en veiligheid nie. Sy loop deur oor haar mening dat Frankryk die Euro-gebied moet verlaat - iets wat nie wyd gesteun word nie.

Twee peilings het gister gewys dat Fillon and Melenchon nog 'n paar persentasiepunte agter Le Pen en Macron is. Altesaam 11 kandidate neem aan die eerste verkiesingsronde deel. Die twee met die meeste stemme dring deur na die laaste ronde. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!