Leah, Jay en Willem toer in Namibië

Jacqueline Louw
Die Suid-Afrikaanse sangers Leah en Jay se Namibiese toer begin op 3 Februarie in Okahandja.
Hulle sal saam met Willem Botha van Idols-faam vir twee van die optredes, in Windhoek en op Swakopmund, te siene wees.
Jay het geen bekendstelling nodig nie, met sy tweede solo album, #DisHoeOnsRol, wat stilweg kort ná uitreiking platinumstatus behaal het. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is of die polsende ritmes, stemgehalte en bindende lirieke van sy eie materiaal: Dié bekroonde kunstenaar se perfekte balans van melodie waarborg sy sukses. Een van die vele hoogtepunte van sy sangloopbaan is sy duet saam met Steve Hofmeyr, “Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap”, wat die aktualiteit van #DisHoeOnsRol onderstreep. Die ware lewe in Suid-Afrika is waar Jay eerlike opregtheid uitsoek en trefferwaardig maak, as ? geskenk vir aanhangers van meervlakkige, vooruitstrewende Afrikaanse pop.
Met ? nuwe klank wat ? ander sy van Afrikaans ten toon stel, bring Leah, gebore en getoë in die Kaapse voorstad Bellville, alles wat vars is op die Afrikaanse popmusiektoneel in die kollig.
“Ek gaan stroom-op,” vertel Leah. “Ek wil hê my musiek moet mense wys Afrikaanse musiek het meer om te bied as wat hulle verwag. My klank is totaal bekend en gemaklik, maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie aanvoer van musiek wat ek baie liefhet.”
Leah se debuutalbum Wonderwerk is in April 2015 vrygestel. Sy is popmusiek se mezzo-soprano en is allesbehalwe ? oornagsukses of ? verskietende ster. Sy is 100% oorspronklik, dapper en krities oor musiek wat vir vele ander week in en week uit van pas is as agtergrond vir partytjies. “Ek dryf myself elke liewe dag wat my stem betref, fisiek en emosioneel, om my beste te gee in alles wat ek doen,” deel hierdie talentvolle ster ons mee. “Anders, wat is die punt?”
Sedert 2006 het Willem Botha benewens sy Idols-aanhangers intussen tienduisende van sy eie bewonderaars bygekry, met drie bekroonde albums en groot film-, teater- en TV-rolle agter sy naam. Willem het pas teruggekeer van Europa waar hy geskiedenis gemaak het as die eerste Afrikaanse kunstenaar wat aan die Eurovision Song Contest deelgeneem het.
Hy was deel van die span van Belarus en het deurgedring tot die finaal en het ook opgetree in België, Nederland, Luxemburg, Swede en Dubai.
In 2012 is sy 14-snit-album My Stem is Joune uitgereik. “Wat ek doen, is dikwels vol uitdagings,” vertel hy. “Daar is nie ? dag wat verbygaan wat ek nie stop en dankie sê vir elke geleentheid wat ek kry nie. Hopelik hoor aanhangers dit in die liedjies; veral wanneer ek lewendig optree en hulle persoonlik kan bedank.”
Opvoerings vind plaas op 3 Februarie op Okahandja (bespreek by 081 247 3757); 4 Februarie op Otjiwarongo (081 256 4980); 5 Februarie in Windhoek (081 245 2591); 6 Februarie op Swakopmund (064 405 896); 8 Februarie op Stampriet (081 330 9001) en 11 Februarie op Keetmanshoop (063 224 4638) plaas. – Bron Marcha Reed

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!