Lede van sesde NR ingesweer
Lede van sesde NR ingesweer

Lede van sesde NR ingesweer

Augetto Graig
Augetto Graig - Die sesde Nasionale Raad (NR) is verlede Dinsdag by die parlement in die hoofstad ingesweer, en dié weergawe van die huis vir hersiening en tweede vlak van wetskepping, het veranderinge teweeg gebring.

Die eerste onafhanklike kandidaat is sedert die stigting van die NR in 1993 as lid verkies. Mnr. Paulus Mbangu sal die belange van die inwoners van die Rundu platteland-kiesafdeling waarneem.

Die sesde NR bestaan uit 42 lede van wie 28 van Swapo en 14 opposisielede is.

Swapo behou skrams sy tweederdemeerderheid, maar net tien van die regerende party se vorige raadslede is weer verkies. Die ander is vir die eerste keer op dié vlak van die Namibiese regering verkies.

Net ses vroulike lede is tot die raad verkies. Hulle is Swapo-lede mee. Melania Ndjago (Erongo), Victoria Kauma (Kavango-Oos), Lonia Kaishungu en Olivia Hanghuwo, albei van Ohangwena en van die Landless People’s Movement (LPM), me. Anseline Beukes (||Kharas).

Om ’n raadslid te wees, is ’n voltydse beroep en raadslede moet enige ander belange verklaar, volgens mnr. Efraim Jane, direkteur van spesiale dienste in die NR.

Verskeie lede dien op staande komitees wat spesifieke oorsig oor belangrike sektore van die regering en in die Namibiese samelewing bied.

Van hierdie komitees het al verslag gedoen en volgens Immanuel Kooper, die NR se hoof- inligtingsbeampte, was daar al nagevolge.

Jane se verslag oor wetsontwerpe – wat al sedert 2015 deur die NR se hande is – toon dat 73 wetsontwerpe van die Nasionale Vergadering (NV) ontvang is, waarvan 72 oorweeg is; 48 sonder aanpassings en 22 met aanpassings aanvaar is.

Die raad het in beginsel die Namibiese burgerskapwetsontwerp van 2016 en die openbare-private-vennootskap-wetsontwerp van 2016 verwerp en terug na die NV verwys.

Net die inkomstebelastingwetsontwerp van 2020 is nie binne 30 dae oorweeg nie, en word daarom as goedgekeur aanvaar, brei Jane uit.

By die insweringseremonie is Swapo se mnr. Lukas Sinimbo Muha, raadslid vir die Mangumbi-kiesafdeling in Kavango-Wes, tot voorsitter verkies. Hy het 29 stemme op hom verenig teen die 13 stemme van mnr. Sebastiaan Gobs van die UDF. Kauma is as adjunkvoorsitter verkies.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!