Ledige RCC melk noodfonds

Ondanks die feit dat nie ’n vinger vir byna drie jaar verroer is nie, betaal die staat werknemers steeds.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Ten spyte daarvan dat die maatskappy nie tans in bedryf is nie, betaal die staatsbeheerde Paaiekontrakeursmaatskappy (RCC) steeds salarisse aan werknemers uit die regering se gebeurlikheidsfonds.

Dié bedrag beloop sowat N$5,4 miljoen per maand.

Die maatskappy het sowat 400 werknemers in diens gehad toe dit rustend geraak het, hoewel sommige sedertdien bedank het.

Tussen 2017 en 2019 het die RCC, wat sy werksaamhede weens ’n gebrek aan geld gestaak het, ’n staatsubsidie van sowat N$41,4 miljoen ontvang. ’n Afsonderlike N$42 miljoen is tussen 2017 en 2018 uit die gebeurlikheidsfonds voorgeskiet om die RCC-loonrekening te ondersteun.

Dié inligting is in ’n uitgawe-dokument vervat wat saam met die 2019-’19-begrotingsdokumente in die parlement ter tafel gelê is.

Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het bevestig die RCC gaan voort met die gebruik van die gebeurlikheisdfonds, wat beteken al meer geld word hieruit deur die maatskappy gebruik.

Amptenare het geweier om ’n bygewerkte verslag te deel oor hoeveel die fonds tot dusver aan die RCC bestee het.

Die fonds word normaalweg aangewend om noodgevalle soos ’n tekort aan staatsmedisyne, droogteverligting en natuurrampe te hanteer.

Mnr. Gerson Karaerua, waarnemende RCC-hoof, het die N$5,4 miljoen maandelikse salarisrekening vroeër aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, bevestig.

Die semistaatsonderneming se werknemers ontvang hul salarisse ondanks die feit dat die maatskappy rustend is, en dat geen bouprojekte tans bestaan nie – omstandighde wat veroorsaak is deur die dooiepunt oor die RCC se toekoms.

In 2017 is voorgestel die RCC word onder geregtelike bestuur geplaas ná sy vorige raad, wat deur mnr. Fritz Jacobs gelei is, ’n omkeerstrategie wou toepas om Chinese beleggers te lok.

“Die maatskappy se maandeliks loonrekening beloop sowat N$5, 4 miljoen. Die status quo duur voort,” sê Karaerua. Hy het ook verwys na die plan om die maatskappy onder geregtelike bestuur te plaas.

’n Geregtelike bestuur-rekening is voorgestel om te voorkom dat die RCC sy krediteure moes betaal of dat beslag op sy bates gelê word terwyl pogings aangewend sou word om die maatskappy van ondergang te red.

Dít ná ’n plaasike bank verlede jaar beslag op sy eiendom probeer lê het weens sowat N$200 miljoen se skuld.

“Die kabinet het die besluit geneem om die RCC ’n voorskot op salarisse te gee tot die regering ’n finale besluit geneem het oor die maatskappy se toekoms,” het Karaerua gesê.

Die minister het onlangs gesê daar is niks fout daarmee om die semistaatsondrneming uit die noodfonds te betaal nie en dat ’n besluit oor sy toekoms spoedig geneem sal word.

’n Werknemer het onlangs aan Namibian Sun gesê ’n ooreenkoms is met die Paaioewerheid (RA) aangegaan om te verseker die RCC genereer ’n inkomste terwyl ’n besluit geneem word.

“Ons het ’n ooreenkoms met die RA onderteken wat in Maart ’n aanvang sal neem. Ons sal eers in Maart weet wat presies die werk sal behels,” het die anonieme bron gesê.

Die bron het ook aangedui betalings het genormaliseer. Werknemers het nie verlede jaar September salarisse ontvang toe die ministerie betalings opgeskort het.

Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, het voorgestel die RCC moet ’n ruim reddingsboei kry om sy ondergang of sluiting te keer.

“Ons moet waak teen die gewone stuksgewyse benadering waar onvoldoende fondse as noodhulp voorsien word om te herstel eerder as voldoende fondse,” het hy gesê.

“Die kabinet sal weer eens dié versoek teenoor verskeie ander versoeke vir finansiering van verskeie maatskaplike en ontwikkelingsprojekte moet opweeg, asook die bykomende kostes.”

Jooste reken ’n ruimskootse herbelegging in die RCC sal dit weer winsgewendheid kan maak.







[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!