Leer en kom deur, sê Katrina
Gratis onderwys veroorsaak ’n invloei van leerlinge en dié stroom is vir leerlinge wat slaag.
Henriette Lamprecht - Die minister van onderwys, kuns en kultuur het ’n beroep op ouers gedoen om hul kinders deur hul hele skoolloopbaan te ondersteun en nie net wanneer eksamens aanbreek nie.
“As jy wag vir die eksamen, dra jy tot jou kind se mislukking by.”
Met verwysing na leerlinge wat graad 12 gedruip het, het Hanse-Himarwa gesê “as jy 18 is, is jy uit”.
“Sewentien en jonger is die afsnypunt. Jy kan terugkom as jy gedruip het, mits daar vir jou plek is.”
Volgens die minister is daar, danksy gratis onderwys, ’n “ernstige invloei van leerlinge” en daarom nie plek vir ’n kind wat gedruip het nie.
“Die stroom is vir dié wat geslaag het.”
Hanse-Himarwa het voorts gesê die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing fokus op die voorsiening van tegniese onderrig en die implementering van tegniese vakke.
“Nie almal is akademies aangelê nie, sommige leerlinge is eerder tegnies aangelê.”
Sy het beklemtoon kinders word skool toe gestuur om te slaag.
“Die ideale omstandighede is kinders leer en slaag die eerste keer.”
Hanse-Himarwa het tydens die bekendmaking van die graad 12's se hoërvlak uitslae vir die Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC) gesê 16 314 kandidate het vir een of meer hoërvlak vakke ingeskryf.
Hiervan het 65,5% met ’n minimum punt van drie vir universiteitstoelating gekwalifiseer.
Volgens die minister kan die kombinasie van vakke op hoër- en gewone vlak egter daartoe lei dat ’n beduidende aantal kandidate vir toelating aan universiteite kwalifiseer.
Uitslae vir die gewone vlak word in die eerste twee weke van Januarie verwag.
In vergelyking met verlede jaar het minder kandidate grade 1, 3 en 4 in hul vakke behaal, met ’n graad 2 wat met 3,1% geval het.
Die gegradeerde vakinskrywings het vanjaar met 1,1% in vergelyking met verlede jaar se 95,5% na 94,4% verminder.
Windhoek Hoërskool (WHS), wat vanjaar sy eeufeesvieringe gehad het, spog met drie uit die vyf toppresteerders in die land. Dit sluit in Larisa Oosthuizen, David Fourie en Maryke van der Merwe.
Die ander twee topstudente was Lauri Anne Potgieter (Edugate) en Henry Johnston (St. Paul’s Kollege).
Met verwysing na die skole en streke wat die beste gevaar het, het Hanse-Himarwa gesê die fokus is eerder op watter streek in watter vakke gepresteer het.
“Dit help ons om te sien waar die swak plekke is en waar ons dit kan verbeter.”
Volgens haar is nie net die aantal leerlinge wat geslaag het van belang nie, maar ook die kwaliteit van onderrig.
“Die vraag is of hierdie leerlinge goed sal vaar met tersiêre onderrig of nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie