Leer hulle nie?
Leer hulle nie?

Leer hulle nie?

Estelle de Bruyn
Die wyse waarop die Noord-Koreaanse maatskappy, Mansudae Overseas Projects Group of Companies, stil-stil sy regeringsprojekte, werknemers en boumateriaal aan 'n Namibies-geregistreerde Chinese konstruksiemaatskappy, Quindao Construction, oorgedra het, is verlede week in dokumente van die Amerikaanse tesourie onthul.

Nou is Quindao ook gesanksioneer. Wel, nie deur die Verenigde Nasies nie, maar deur Amerika.

In die verlede het Namibië 'n traak-my-nieagtige houding jeens Amerikaanse sanksies teen Noord-Korea gehandhaaf en volgehou met die argument dat Namibië 'n soewereine land is en nie deur 'n ander land voorgeskryf sal word oor met wie handel gedryf word nie.

Dit is alles goed en wel, maar met die winde van verandering in die Withuis en die onvoorspelbare administrasie van pres. Donald Trump, moet Namibië ligloop.

Trump en die Republikeine is obsessief oor Noord-Korea en het reeds sanksies teen verskeie Chinese maatskappye ingestel wat sakebetrekkinge met Pjongjang handhaaf.

Namibië het verlede jaar vir die eerste keer daarin geslaag om toegang tot die winsgewende Amerikaanse mark vir die uitvoer van beesvleis te kry. Dit is 'n mark wat nie te versmaai is nie.

Wil Namibië nie maar leer dat agteraf transaksies een of ander tyd aan die lig kom nie? Wat gaan dit neem vir die regering om vir eens en vir altyd in die reine te kom?

In Junie verlede jaar het die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, persoonlik plegtig onderneem om “alle kommersiële bande met Noord-Korea te verbreek in ooreenstemming met die resolusies van die Verenigde Nasies”.

Dit sal die regering goed te staan kom om te onthou 'n mens se woord behoort sy eer te wees.







Só sê ander:

Washington Post

What could have prevented tragedy in Charlottesville?

25 August 2017

In the days and weeks leading up to the deadly racist violence in Charlottesville on Aug. 12, Virginia state and local law enforcement received a deluge of intelligence about who was coming and what to expect. They responded with the biggest deployment of police and state troopers the state had seen in decades. Still, things went wrong. Why?

In trying to strike the undeniably tricky balance between ensuring public safety and enabling protesters to exercise their constitutional rights, the authorities tilted too far away from public safety.

State lawmakers must reassess gun laws that allow anyone with a concealed-carry permit to also openly carry military-style assault weapons virtually wherever they like, and others to openly carry legally acquired handguns.

With better planning and execution the tragedy in Charlottesville might have been contained or avoided.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!