Leer meer oor moderne dans in Namibië
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) gaan in samewerking met die Namibiese Kunsteraad (NACN) die “Exploring Namibian Contemporary Dance and Movement”-reeks van 13 tot 15 April aanbied met die Namibiese dans- en bewegingsinstrukteurs Trixie Munyama, Stanley Mareka en Nikhita Winkler.
Die doel van dié reeks werkwinkels is om dansers, bewegings- en uitvoerende kunstenaars te betrek en in te lig oor moderne Namibiese tegnieke en -praktyke op die verhoog en daarbuite. Diegene wat aan die werkwinkels gaan deelneem kan daarna uitsien om met meer inligting en perspektief oor plaaslike kontemporêre tegnieke weg te stap en om hul eie tegnieke daarvolgens aan te pas of dit by hul reeds bestaande roetines te integreer.
Vir meer inligting of om te registreer, besoek www.ntn.org.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie