Leer saam u2013 op nuwe maniere
Leer saam u2013 op nuwe maniere

Leer saam – op nuwe maniere

Dani Booysen
In vandag se uitgawe van Republikein verskyn die eerste van ‘n reeks gedrukte boekies om voorskoolse en laerskoolleerlinge landswyd toegang tot leermateriaal te bied.

Meer as 300 000 skoliere sal by die projek baat, waarmee Namibia Media Holdings (NMH) die ministerie van onderwys, kuns en kultuur bystaan om onderwys te verbeter en tuisskoling vir almal moontlik te maak.

Die gedrukte materiaal word nie net in die media versprei nie, maar ook direk na skoolkringe landswyd. Dit sal ook aanlyn beskikbaar wees, met e-lesse en ander aktiwiteite.

Die projek spring weg met die preprimêre-leerfase tot by graad 3. Materiaal sal beskikbaar wees in nege tale buiten Engels.

Binne agt weke sal aanlyn onderrig ook vir graad 4 tot 7 uitgerol word. Die projek sal dan meer as 600 000 skoliere bereik.

Besoek zoshy.online, Zoshy en My Zone se Facebook-blaaie en ons ander platforms om saam te leer.

Die boekies word in NMH se dagblaaie, The Namibian en New Era ingevoeg. Newsprint Namibia en Hardap Freight Services behartig die verspreiding.

Vir meer inligting, kontak die projekkoördineerder, Octavia Tsibes, by [email protected] of 081 556 2985.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!