Leerling pleeg selfmoord
Leerling pleeg selfmoord

Leerling pleeg selfmoord

'n Sestienjarige seun wat sedert verlede Woensdag as vermis aangemeld is, se lewe het tragies geëindig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die liggaam van 'n graad 9-­leerling van die Sekondêre Skool Mweshipandeka op Ongwediva is Dinsdag omstreeks 12:00 deur 'n verbyganger in 'n boom gevind.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die 16-jarige oorledene, Amatsi Barnabas Nadipite, reeds verlede Woensdag as vermis aangemeld en hy kon nie opgespoor word nie.

Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Nog 'n selfmoord is Dinsdag op Kuisebmond aangemeld.

Mnr. Erich Reinhard Afrikaner (42) se meisie het om 13:00 op sy liggaam in hul woonstel in Goldstraat afgekom waar hy homself aan die plafon opgehang het met 'n elektriese kabel.

Afrikaner het 'n selfmoordnota gelos: “Ek het probleme wat ek nie weet hoe om te oorkom nie.”

Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Maandag, omstreeks 07:00 by die Okakundu-nedersetting naby Tsandi in die Omusatistreek, het 'n skoolkind op die liggaam van 'n man in 'n boom in 'n mahangu-veld afgekom. Wyle mnr. Titus Kaumangelwa (51) het geen ­selfmoordnota gelos nie.

Nóg 'n klag van verkragting van 'n minderjarige is op Rundu aanhangig gemaak.

“Die ma (39) van 'n sewejarige het agtergekom dat 'n 18-jarige familielid haar kind sedert April verlede jaar seksueel aanrand en het dit Dinsdag by die polisie gerapporteer,” sê die polisie.

Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.



GEWAPENDE ROOFTOG

Drie vermeende rowers is steeds voortvlugtend ná 'n gewapende rooftog Dinsdag by NamPost op Epukiro in die Omahekestreek.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was NamPost se enigste werknemer daar besig om geld te tel toe drie mans by die klein poskantoorgebou inkom.

“Een man was met 'n pistool gewapen en het geld geëis. Die beampte het N$220 000 kontant aan die verdagtes oorhandig en hulle het op die vlug geslaan,” lui die misdaadverslag.

“Die slagoffer het die voorval 'n uur later aan die polisie gerapporteer. Die verdagtes is steeds op die vlug en geen geld is al teruggevind nie.”

Die polisie doen 'n beroep op enigiemand met inligting om die polisiekantoor op Gobabis te kontak of vir adj.komm. Kalimbula by 081 124 6131 te skakel.

Woensdag, omstreeks 01:37, is mnr. Jonas Johannes (20), 'n ­sekuriteitswag by Agro Marketing Ongwediva (AMTA), op Ongwediva glo deur sy kollega, wat van diens af was, met 'n mes in die bors gesteek.

“Die kollega het werk toe gegaan om kool te gaan haal wat hy glo gesteel het. 'n Stryery het tussen die twee mans ontstaan en Johannes is met 'n mes gesteek. Hy is in 'n Oshakati-staatshospitaal opgeneem en in 'n stabiele toestand. Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.26 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 633.28/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 992.30/T UP 3.47% | Brent Crude Oil US$ 75.71/BBP UP +1.79% | Platinum US$ 974.22/OZ UP +1.69% #REF!