Leerling skiet leerling – pa vas
Henriette Lamprecht – Die pa van ‘n 12-jarige seun wat ‘n medeleerling tydens pouse op die skoolgronde doodgeskiet het, is agter tralies.
Die seun het die 13-jarige Shangeshapwako Titus Donderdag omstreeks 11:10 by die Gekombineerde Skool Iimbili in die Ohangwenastreek geskiet met ‘n pistool wat hy van die huis af gebring het. Beide die seuns is van die Engela Lashikondongolo-nedersetting afkomstig.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is die minderjarige seun in hegtenis geneem en die wapen is gekonfiskeer. Die seun se pa is intussen ook in hegtenis geneem omdat hy in besit van drie onwettige vuurwapens was waarvoor hy nie lisensies het nie. Hy staar nou ‘n klag van die oortreding van die wet op vuurwapens en ammunisie, asook twee klagte van die nalatige hantering van vuurwapens in die gesig.
Die pa was in besit van ‘n Makarov-pistool, ‘n haelgeweer en ook ‘n .308-geweer.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het intussen by monde van sy permanente sekretaris hul innige simpatie met die familie en geraakte skoolgemeenskap betuig.
Volgens me. Sanet Steenkamp het die Ohangwena-streeksdirektoraat die skool besoek en sal sielkundige hulp aan die familie en leerlinge verleen word.
Steenkamp sê voorts die ministerie is besig met die finalisering van die raamwerk vir skoolveiligheid wat eersdaags geïmplementeer sal word om ‘n omgewing van vertroue, vrede en respek in skole te bewerkstellig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie