Leerling wat onderwyser glo met mes steek in arres
Leerling wat onderwyser glo met mes steek in arres

Leerling wat onderwyser glo met mes steek in arres

Henriette Lamprecht
’n Graad 10-leerling wat glo sy 42-jarige onderwyser met ’n mes by ’n skool op Okahandja gesteek het, is in hegtenis geneem.
Volgens die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, adj. komm. Naukalemo Andreas, is die seun in Ondangwa in die Oshanastreek vasgetrek. Volgens Andreas het die 17-jarige seun egter siek geword en is hy na die Oshakati-hospitaal geneem waar hy mediese behandeling onder polisiebewaking kry.
Wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word, sal hy sy verskyning in die landdroshof op Oshakati maak waarna hy na die aanhoudingselle op Okahandja oorgeplaas sal word. Die leerling sal op ’n klag verskyn van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Volgens Andreas het die onderwyser die seun tydens ’n les agter ’n klaskamer sien staan. Hy het die leerling glo gevra wat maak hy tydens ’n periode buite die klas. ’n Argument het tussen die twee ontstaan, waarna die onderwyser glo die leerling geklap en beveel het om by die skoolhoof te gaan aanmeld.
Die skoolhoof het die seun na bewering opdrag gegee om sy ouers te bel. Hy het volgens Andreas daarna die skoolhoof se kantoor en het saam met sy ma en suster op die speelgrond opgedaag. Volgens Andreas het die leerling die onderwyser gesien, hom van agter genader en glo met ’n mes in die regterskouer gesteek. Die leerling het toe glo gevlug. Die onderwyser is in die Okahandja-staatshospitaal vir sy beserings behandel.- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!