Leerlinge huis toe oor stukkende potte
Stukkende elektriese potte is die rede waarom die leerlinge van die Max Makushe Sekondêre Skool in die Kavango-Oosstreek Dinsdag huis toe gestuur is.
Daar is 1 206 leerlinge in die skool, waarvan 1 055 koshuisleerlinge is. Die elektriese potte is glo stukkend en daar kan nie kos vir die leerlinge gekook word nie.
Sedert die skool verlede week begin het, het die leerlinge slegs brood met tee of sap gekry. Hulle is Dinsdag huis toe gestuur.
Gister was daar geen leerlinge of onderwysers by die skool nie.
“Die elektriese potte werk sedert Oktober nie meer nie. Ons het die streekdirektoraat van onderwys oor die situasie ingelig, maar volgens die ministerie wag hulle glo op fondse, het die skoolhoof, mnr. Godfrey Mukata, gister gesê.
Die direktoraat het onderneem om die skool te besoek.
Mukata het gesê die leerlinge se gesondheid en welstand ly onder die huidige omstandighede.
“Tans moet ons op een elektriese pot staatmaak. Hy is baie stadig en dit neem vier ure om die kos te kook. As die personeel die pot om 03:00 aanskakel, begin dit eers om 09:00 te kook," het die skoolhoof gesê.
Hy het gesê dit het tot groot frustrasie vir die kombuispersoneel gelei met die pot wat eers leeggemaak moet word voor 'n volgende dis gekook kan word.
Mukata meen die leerlinge se akademiese prestasie word beïnvloed.
“Hoe leer kinders op 'n honger maag? Ons het geen keuse as om hulle huis toe te stuur nie."
Mukata sê sodra die kwessie opgelos is, sal die leerlinge terugkom skool toe.
Volgens hom is twee koelkamers wat sedert verlede jaar buite werking is, ook nog nie herstel nie.
Verlede jaar het byna 400 leerlinge voedselvergiftiging opgedoen weens die koelkamers wat buite werking is.
Die direkteur van onderwys in die streek, mnr. Fanuel Kapapero, het gesê burokratiese rondslomp is die grootste kwessie. Daar sal binnekort geld beskikbaar wees om die probleem op te los.
“Die streekraad van Kavango-Oos werk daaraan om die N$300 000 goed te keur wat nodig is om die elektriese potte te herstel," het hy gesê.
Kapero het gesê die proses kan twee of drie dae neem. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie